Hage het nie aandeel in Areva-sage

'n Ondersoek na finansiële­ ­wanpraktyke in die voormalige­ Areva-groep het Namibië daarby ingesleep.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn



Pres. Hage Geingob is by 'n korrupsie­ondersoek in Frankryk ingesleep.

Die president se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, eis die terug­trekking van 'n berig hieroor wat 'n Franse radiostasie, Radio France Inter­nationale (RFI), op sy webtuiste gepubliseer het.

In die prokureursbrief word ­verduidelik dat Geingob, anders as wat in die berig staan, sy HG Consultancy­ wat werk vir Uramin gedoen het, ontbind het voordat hy in 2008 as minister van handel en nywer­heid aangestel is.

Uramin is 'n Kanadese maatskappy wat die Trekkopje-uraanmyn besit het. Areva, of Orano soos die maat­skappy sedert 23 Januarie vanjaar bekend staan, besit tans die myn.

Geingob het as destydse parlementslid HG Consultancy in die parlement se bateregister verklaar.

Hy het aangedui dat Areva se oorname van Uranim volgens streng vereistes en deur die toesighoudende­ owerheid van die Toronto-aandelebeurs gedoen is, en hy geen kennis daarvan gedra het of op enige manier betrokke was nie.

“Die beweerde korrupsie het dus op die optrede van die eienaars van Areva en/of Unamin betrekking en het niks met dr. Geingob of die ­Namibiese ­regering te doen nie,” lui Namandje­ se brief.

Namandje beskou die RFI-berig as lasterlik en sê insinuasies word gemaak dat Geingob oneerlik is.

Dit word ook in die brief beklemtoon dat Geingob nooit enige bespreking met mnr. Sébastien de Montessus van Areva oor die Uramin/Areva-­transaksie gevoer het nie.

Beweringe dat Geingob geld van Areva ontvang het, word ook ten sterkste ontken.

“Ons is daarvan oortuig dat die insluiting­ van dr. Geingob se naam in die berig vir sensasionele doeleindes is en probeer om 'n Afrika-­verbintenis in 'n saak oor beweerde korrupsie deur Kanadese en Franse besighede te vind.

“Op die instruksies van dr. Geingob, en in die lig van die vorige vyf berigte deur ander mediahuise oor hierdie aangeleentheid en u berig, het ons hierdie feitelike agtergrond ­opgeweeg teen alle relevante Namibiese wetgewing, en tot die slotsom gekom dat daar geen wetlike beletsel­ vir dr. Geingob was om deur HG ­Consultancy konsultasiedienste vir Uramin te lewer nie,” lui Namandje­ se brief.



Korrupsiesaak

De Montessus, die voormalige hoof van Areva se mynbou-tak, is in ­Frankryk van korrupsie aangekla.

Die klagte spruit uit die Franse ­kernreus se aankoop van Uramin.

De Montessus is einde Maart aangekla.

Dit is een van twee sake wat tot 2007 terugdateer toe Areva, wat in 'n finansiële verknorsing is, Uramin vir €1,7 miljard (ongeveer N$25,3 miljard) aangeskaf het.

Areva se voormalige hoof, Anne ­Lauvergeon, en twee lede van haar span is aangekla van die beweerde te hoë waardasie van die verkoop om die val in die uraanprys te verberg.

Probleme met mynbou in Namibië, Suid-Afrika en die Sentraal-Afrikaanse Republiek het volgens RFI ­mee­gebring dat die aankoop in 'n finan­siële ramp ontaard het.

De Montessus is aangekla van vermeende wanbesteding, 'n klag wat hy ontken.

Hy is ook geskors omdat hy glo €750 000 (nagenoeg N$11 175 000) vir sy vermeende rol as tussenganger in die verkoop van 'n luukse seiljag, die Cape Arrow, ontvang het.

Lauvergeon se man, Olivier Fric, is van binnehandel met Uramin-­aandele aangekla.

Ondersoekbeamptes stel ook ondersoek in na sy bande met die Belgiese finansier Daniel Wouters.

Wouters is verlede week aangehou. Hy was die hoof van ontwikkeling en aankope van Areva se mynbou-­afdeling en het 'n groot rol in die aankoop van Uramin gespeel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A