Media 'mishandel' Hage
Media 'mishandel' Hage

Media 'mishandel' Hage

Die staatshoof het die naweek in ’n verklaring uitgevaar daarteen dat sy positiewe bydraes glo misgekyk word.
Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie.

“Ons loop die risiko om ’n bespotting van ons erfenis te maak en ons toekoms weg te dobbel.”

Só het The Namibian, ’n Engelse dagblad, Vrydag ’n onlangse besluit van pres. Hage Geingob in hul redaksionele kommentaar gekap.

’n Brief het verlede week uitgelek waarin Geingob reeds einde Oktober Swapo se woordvoerder, me. Hilma Nicanor, as ministeriële raadgewer aangestel het – minder as twee weke nadat sy uit haar pos as adjunkminister en lid van die Nasionale Raad (NR) moes bedank.

Haar bedanking is genoodsaak deur ’n aankondiging deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) dat staatsamptenare en NR-lede, of mense wat in plaaslike en streekowerhede dien, nie mag staan vir die Nasionale Vergadering(NV)-verkiesing op 27 November nie.

Geingob word sedert dié nuus rugbaar geword het, gekritiseer oor sy besluit om Nicanor in die raadgewerpos aan te stel. (Sien nog ’n berig hieroor op bl.5.)

Die president het laat Saterdag by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, gesê The Namibian se redaksionele kommentaar bied “ongestaafde menings as ontleding” aan.

Hengari sê dié beweerde gedrag “is niks anders as ’n weerspieëling van die wrok wat die koerant teen pres. Hage Geingob koester nie”.

Boonop het die koerant geen enkele berig oor Nicanor se “nodige aanstelling” gepubliseer nie, sê die woordvoerder.

Die koerant hét egter op 6 November op hul webwerf en op hul Facebook-blad ’n berig hieroor gedra.

Volgens Hengari beskik Nicanor oor ervaring in veteranesake en haar nuwe rol het ten doel om die voortgesette inwerkingstelling van programme in daardie ministerie te verseker.

“Nie al 18 lede van Swapo wat bedank het om aan te bly as kandidate vir die NV is poste as raadgewers gegee nie. Net een! En dis in belang van ’n ministerie wat bestuur is as ’n departement deur ’n adjunkminister in belang van die besnoeiing van die salarisrekening,” sê die verklaring.

Hengari het gisteroggend die verklaring geregverdig en gesê dit is om gesprekke aan te moedig rondom die tipe joernalistiek wat in Namibië bedryf word.

Hengari meen hoe Geingob behandel word, kom op mishandeling neer.

Hoewel “ons mag sit onder die 13% wat nie vir hom in 2014 gestem het nie”, moet ons onthou Namibië bestaan vir die mense, sê hy.

Geingob “is glo die volmaakte beliggaming van hul wense en wysheid”, lui sy vier bladsy lange verklaring.

Die staatshoof het tydens die vorige presidensiële verkiesings 87% van die stemme op hom verenig.

Mnr. Graham Hopwood, ’n politieke ontleder, het verlede week aan Republikein gesê hy sal waarskynlik swakker in die komende verkiesing vaar.

Die redaksionele kommentaar lui voorts: “In Nicanor se geval kan dit (die aanstelling) die belastingbetaler N$300 000 oor die volgende ses maande kos (N$48 000 per maand). Die president vang dit nie, doen hy?”

Volgens die aanstellingsbrief, wat in die sosiale media gelek is, is Nicanor se aanstelling egter vir bykans vyf maande – van 1 November 2019 tot 20 Maart 2020.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11%