Geingob, ministers op pad na VN
Die staatshoof, pres. Hage Geingob, en die eerste dame, me. Monica Geingos, en ’n afvaardiging van ministers vertrek eerskomende naweek na die VSA vir ’n besoek van 12 dae aan dié land.
Die hoofrede vir hul besoek is om die 72ste algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) in New York by te woon, sê Staatshuis in ’n verklaring.
Die VN-sitting open op 12 September en die algemene debat is van 19 tot 25 September.
Geingob sal die vergadering op 20 September as die agtste spreker toespreek. Hy sal ook ’n private vergadering met die sekretaris-generaal van die VN, mnr. António Guterres, en verskeie van sy eweknieë elders in die wêreld voer.
Geingob sal hoëvlak-samesprekings met Amerikaanse sakelui voer en met akademici by die Rutgers-universiteit in New Jersey vergader.
Hy sal ook ’n gala-aand van die Afrika-Amerika-instituut, ’n dinee van die staatshoofde van Statebondslande en ’n vergadering van die Internasionale Kommissie vir die Finansiering van Internasionale Studiegeleenthede bywoon.
Die ministers wat hom gaan vergesel is me. Natumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing en toerisme, mnr. Obeth Kandjoze, minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, minister in die presidensie verantwoordelik vir nasionale beplanning en die direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie, en me. Sophia Shaningwa, minister van stedelike en landelike ontwikkeling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie