Geingob: Hou Pandora se kis dig

Stamgebondenheid 'resep vir 'n ramp'

28 August 2018 | Regering
Ronelle Rademeyer



Die staatshoof, pres. Hage Geingob, het Sondag tydens die Heldedagvieringe op Nkurenkuru 'n sterk boodskap van waarskuwing gerig aan mense in die land wat “ou wonde” uit die vryheidstryd wil oopkrap.

Dit was nadat hy die vorige dag tydens die opening van Swapo se sentrale komitee-vergadering op Rundu reeds dié snaar getokkel het

“Hulle sal Pandora se kis oopmaak, in weerwil daarvan dat daar nog baie deelnemers aan en oortreders van erge misdade teen die mense van Namibië (in die land) is.

“Moet ons hulle terugbring, SWATF (Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag), Koevoet, die polisie, die tronkbewaarders van Robbeneiland, en hulle aankla van onmenslike behandeling teenoor wyle Eliaser Tuhadeleni, Martin Kapewasha, wyle Gerson Veii, Healo Shityuwete, wyle Andimba Toivo ya Toivo en John Pandemi, Jerry Ekandjo, Petrus Iilonga, wyle Immanuel Shifidi, Willem Biwa en baie ander?” wou Geingob in sy feesrede weet.

“Moet ons hulle aankla omdat hulle baie van ons vir bykans drie dekades uit ons moederland verdryf het? Moet ons hulle aankla omdat hulle ons landgenote tuis aan onmenslike optrede onderwerp het?

“Ons moenie vergeet nie dat Namibiërs uitgelewer was aan tweedeklas behandeling en van onderwys en basiese vryhede ontneem is. Ons het steeds van daardie individue wat ons regte geskend het in ons midde,” het Geingob gesê, en Namibiërs gemaan om nie terug te kyk in die donker verlede nie. Die staatshoof het voorts gesê Namibiërs moet vorentoe kyk op die pad van vrede, heling en nasionale versoening.

“Ons moet almal nasiebouers wees. Ons moenie die vure van stamgebondenheid en verdeeldheid stook om in tel te wees nie. Dit is 'n resep vir 'n ramp.”

Hy het dié ferm waarskuwing gerig nadat hy die vorige dag op Rundu reeds sy hakke ingekap het oor mense wat verdeeldheid saai.

Kenya Kambowe van Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, berig die president het diegene wat “die Pandora-kis” oor Swapo se aanhouding van gevangenes in die sogenaamde gate in Lubango en die grondkwessie vir persoonlike gewin gebruik, as gefrustreerde en onsuksesvolle politici beskryf.

Hy het gesê hierdie onsuksesvolle politici sal enigiets doen om met mense se emosies te speel en het gewaarsku dit hou ernstige gevare soos burgeroorlog vir Namibië in.

Geingob het ook by dié vergadering vir 'n kultuur van eenheid gepleit waarin alle Namibiërs gelyke burgers is.

“Daar is mense daarbuite wat sê húlle is diegene wat geveg het en dit is die gees wat besig is om te ontwikkel.

“As ons dit nie gaan hanteer nie, gaan dit ons in die posisie plaas waarin ander lande was, naamlik burgeroorlog. Dit is hoe dit begin,” het Geingob gesê.

Dié opmerkings en waarskuwings van die staatshoof volg kort ná die vrystelling van die boek Swapo Captive: A comrade's experience of betrayal and torture, deur die oudjoernalis Oiva Angula.

Republikein het vroeër berig boekwinkels in Windhoek sê die boek vlieg van die rakke af en hulle kan nie met bestellings voorbly nie.

Angula vertel in die boek hoe hy vir langer as vier jaar in die berugte gate aangehou en herhaaldelik gemartel is.

Swapo het vermeende verraaiers en politieke teenstanders tydens die grensoorlog in dié dorp in Angola aangehou.

Soortgelyk

 

Kobra saai paniek by konstruksieterrein

4 ure gelede | Omgewing

‘n Agressiewe en beseerde Anchieta-kobra, ook bekend as die Angolese kobra, het vroeër vandag vir paniek gesorg by ‘n konstruksieterrein op Otjiwarongo waar werkers besig...

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

21 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

21 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

21 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

21 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

21 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...