Geingob gekap oor Fishrot-mediakonferensie
Geingob gekap oor Fishrot-mediakonferensie

Geingob gekap oor Fishrot-mediakonferensie

Swapo is opnuut onder skoot oor sy hantering van ’n byeenkoms om klarigheid te verskaf oor of die party by ’n viskwotaskandaal baat gevind het al dan nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, sê Sondag se Swapo-nuuskonferensie oor die Fishrot-skandaal was teleurstellend.

Volgens hom het die geleentheid, wat gelei is deur die staatshoof en Swapo-president Hage Geingob, talle vrae onbeantwoord gelaat.

Hopwood sê geen duidelikheid is verskaf oor “indirekte betalings wat gemaak kon gewees het wat die party se 2017-kongres betref” nie.

Hy sê Geingob is reg dat die regerende party regtens geen plig gehad het om besonderhede oor skenkings openbaar te maak nie, omdat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) eers in November verlede jaar – “vyf jaar nadat die kieswet deurgevoer is” – regulasies in daardie verband uitgevaardig het.

“Die hele wêreld van politieke finansies bly ’n morsige een. Die versuim van die ECN om die regulasies bekend te stel, het daartoe gelei dat die kwessie van skenkings van plaaslike en buitelandse bronne ongereguleer was,” sê Hopwood.

Die ontleder het voorts kommer uitgespreek oor die gebrek aan beheer rondom “ander partyfinansiering” wat moontlik aan individue of regsfirmas oorbetaal kan word.

“Ons benodig ’n nuwe stelsel wat meer nougeset is, en vereis alle skenkings meer as N$5 000 moet gelys en gepubliseer word.”

In dié stadium maak die regulasies daarvoor voorsiening dat ’n politieke party N$4 miljoen en N$2 miljoen van onderskeidelik plaaslike en buitelandse bronne mag ontvang voor dit aan die groot klok gehang moet word.

Hopwood het Geingob se aankondiging verwelkom dat Swapo voortaan skenkings aan interne hersienings sal onderwerp en toekomstige veldtogbefondsing sentraal sal bestuur.

Uit Duitsland laat weet die uitgeweke politieke ontleder prof. Joseph Diescho Sondag se nuuskonferensie “het nie die president of vir Swapo gehelp nie. Hy (Geingob) is blootgestel en kwesbaar gelaat.”

Volgens Diescho sou die president beter daaraan toe gewees het om nie “direk oor die sage kommentaar te lewer nie terwyl dit in die hof is”.

Oor ’n oomblik tydens die nuuskonferensie waartydens Geingob ontken het hy het gesê die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnre. Bernhard Esau, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo, is onskuldig, sê Diescho Geingob het wél so gesê.

Die president het Sondag gesê beskuldigdes bly onskuldig tot hulle in ’n hof aan ’n misdaad skuldig bevind word.

Diescho sê voorts: “Swapo het homself aan die kaak gestel om op ’n Sondag ’n nuuskonferensie te belê om die Fishrot-sage aan te spreek en dit uiteindelik nie aan te spreek nie. Soos ons in Afrikaans sê: Hy het nou sy kwaadpraters ’n stok gegee om hom mee te slaan.”

Opposisie maak ook stem dik

Mnr. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PMD), het gisteroggend by die opening van ’n vergadering van sy uitvoerende komitee in Windhoek vir Swapo van leuens beskuldig.

“Gister (Sondag) het ons ’n klomp georganiseerde leuenagtige stellings en opmerkings gehad deur die leier van die party aan bewind. Die ontkenning dat die regerende party nie direk by die Fishrot-sage baat gevind het nie, is ’n blatante leuen. ’n Vyfjarige sal jou nie eens durf glo nie.”

Venaani het Sondagaand na die middag se verrigtinge, wat wyd uitgesaai is, as ’n sirkus verwys.

“Grootste nonsens wat Swapo praat.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.41/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.72% | Zinc US$ 2 874.10/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 89.19/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 912.50/OZ DOWN -0.0037