Geingob en kie: Stel die voorbeeld
Geingob en kie: Stel die voorbeeld

Geingob en kie: Stel die voorbeeld

Dani Booysen
WIMPIE KRUGER VAN WINDHOEK SKRYF:

Suid-Afrikaanse politici het 'n korting op hulle salarisse geneem omdat die ekonomie feitelik tot stilstand gekom het gedurende die grendelperiode.

Nou wil ek graag vra wat ons situasie anders maak? Kan sy eksellensie, president Hage Geingob, die agbare ministers en adjunkministers en ander hooggeplaasdes nie maar ook 'n korting van 30% op hulle salarisse aanvaar nie?

Die reeds arme belastingbetalers is verantwoordelik om hierdie begroting vir salarisse te laat klop terwyl hulle nie toegelaat word om inkomste te genereer nie.

Ek het reeds oor die onverantwoordelike agteruitgang van die Namibiese ekonomie geskryf en wat tans in die hotelbedryf plaasvind is 'n duidelike voorbeeld van my stelling.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer