Geingob eer Nujoma op 91ste verjaardag
Ronelle Rademeyer - “Die grootste geskenk wat ons pres. (Sam) Nujoma op hierdie dag kan gee, is om sy leierskap na te volg en te bewaar deur leiers in eie reg te wees en die verspreiding van die dodelike virus in ons land te bekamp.”
Só het pres. Hage Geingob vanoggend hulde gebring aan Namibië se stigterspresident wat vandag 91 jaar oud is.
Geingob verwys in sy verjaardagboodskap na die ongewone tyd waarin Nujoma, wat as die vader van die nasie beskou word, sy verjaardag vier - ‘n tyd waarin die wêreld en Namibië in die stryd teen die Covid-19-pandemie gewikkel is.
Hy loof Nujoma vir sy leierskap in die tyd van die vryheidstryd en daarna, en sê dit was moeilike tye met hulpbronne wat vir die militêre stryd, asook op politieke en diplomatieke vlak gemobiliseer moes word. Terselfdertyd moes toegesien word dat Namibiërs in ballingskap onderrig ontvang.
Nujoma is op 12 Mei 1929 by Ongandjera gebore. Hy het in 1989 ná 30 jaar in ballingskap na Namibië teruggekeer om vir die verkiesing en onafhanklikwording voor te berei.
Foto: Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie