Geingob dek neutrale tafel
Dit was te wagte dat pres. Hage Geingob geen aardskuddende aankondigings as nuwe SADC-voorsitter sou maak nie, meen ’n analis.
Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in die openbaar verloop het nie.
Horn verwelkom wel pres. Hage Geingob se benadering tot die rol wat vroue binne dié streekliggaam sal vertolk.
Tydens sy nuwelingtoespraak in Windhoek die afgelope Vrydag het Geingob sê: “Tydens sy voorsitterskap beplan Namibië om die vordering te bespoedig wat met die bemagtiging van vroue gemaak is.”
Volgens die Namibiese staatshoof sal dié doelwit bereik word deur klem te plaas op wetgewing, beleidsrigtings en projekte wat voorsiening maak vir die inwerkingstelling van die SADC-protokol vir geslag en ontwikkeling.
Vroue speel ’n kernrol om die SADC-doelwitte te help verwesenlik en die dryfveer te wees agter die integrasieagenda, sê Geingob.
As voorsitter vir die volgende jaar gaan hy ook sy gewig gooi agter die vestiging van ’n SADC-parlement, sê Geingob. “Ons glo dat die SADC-parlement nie net sal help om die regeringsargitektuur in die streek te steun nie, maar sal ook integrasie- en ontwikkelingspogings dryf.”
In die lig van verskeie SADC-lidlande wat óf onlangs verkiesings gehou het óf eersdaags sal hê, sê Geingob die streek het ’n nalatenskap van “vreedsame oorgang van mag”.
Dít kom nadat Zimbabwe se president, mnr. Emmerson Mnangagwa, ondanks ’n hofdispuut daar Vrydag in die teenwoordigheid van alle SADC-swaargewigte sy oorwinning bevestig het.
In sy toespraak het Mnangagwa gesê hy voel geëerd deur die vertroue wat die mense van Zimbabwe in hom en die regerende Zanu-PF-party gestel het. “My party het meer as ’n tweederdemeerderheid in die nasionale vergadering gewen terwyl ek 50% van die nasionale stemme op my verenig het. Ek is vasbeslote om inspirasie te kry van hul gesamentlike hoop en drome en om onverpoos te werk om die gehalte van hul lewens te verbeter.”
Die opgewondenheid oor die Zimbabwiese verkiesing is geblus deur voorvalle van geweld – glo aan die hand van die weermag in dié buurland wat ook laat verlede jaar vir oudpres. Robert Mugabe ontsetel het.
Oor die hofgeding het Geingob Vrydag gesê: “Ons is bewus dat die uitslag van daardie verkiesings tans in die howe dien, en ons vertrou dat wat ookal uit die saak spruit, vrede gehandhaaf sal word.”
Horn sê verkiesings vorm die grondslag van enige grondwetlike demokrasie.
Vrydag se hoogtepunt van die 38ste SADC-beraad is onder meer bygewoon deur Namibië se oud-staatshoofde, mnre. Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba, en dié van Mosambiek, mnr. Joaquim Chissano.
Hulle teenwoordigheid was volgens Geingob ’n bewys van vreedsame oorgang van leierskap binne SADC.
Geingob het Vrydag voorts gesê SADC as ’n streek en Afrika as ’n vasteland is by ’n kruispad. Die tyd het aangebreek om geleenthede aan te gryp wat die vierde nywerheidsrewolusie bied, sê hy.
Geingob het eweneens te velde getrek teen die uitdagings wat sommige inwoners van lidlande het om grense binne die streek oor te steek. Visumvereistes tussen lande kortwiek handel en integrasie, sê hy. Eers wanneer daar afstand gedoen word van dié vereistes kan die streek volgens hom werklik vorentoe beweeg.
Voordat mnr. Cyril Ramaphosa die leisels as voorsitter aan Geingob oorhandig het, het Suid-Afrika se president gesê: “As streekleiers het ons die verantwoordelikheid om die behoeftes van ons mense te prioritiseer en om met volhoubare oplossings vorendag te kom vir armoede, ongelykhede en onderontwikkeling.”
Die inligting en kommunikasietegnologie-sektor bied talle moontlikhede vir groei en ontwikkeling, het Ramaphosa gesê. “Baie lande omarm toenemend vernuwing en gebruik inligting en kommunikasietegnologie om openbare dienste te lewer en mense te betrek by die besluitnemingsproses.”
Hy het hom beroep op ’n strategie wat die streek in staat sal stel om die vrugte van ’n digitale ekonomie te pluk.
Geingob het Ramaphosa se voorganger, mnr. Jacob Zuma, bedank vir die rol wat hý in die streek gespeel het.
Nóg Zuma nóg Mugabe het die naweek se verrigtinge bygewoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie