Geingob-beker: Spelers wil vir trui veg
Geingob-beker: Spelers wil vir trui veg

Geingob-beker: Spelers wil vir trui veg

Namibië is vol ambisie vir die komende botsing teen Ghana.
Die Tafel Lager Brave Warriors wat Saterdag om 16:00 in die Sam Nujoma-stadion teen Ghana vir die 2018 Dr. Hage Geingob-beker gaan opstap, sal vir die trots van die nasionale trui en die eer van die beskermheer van Namibiese sokker moet speel as hulle die trofee tuis wil hou wat hulle verlede jaar met 3-1 teen Zimbabwe gewen het.

Ghana se Black Stars speel Saterdag in ’n vriendskaplike botsing teen Namibië en Ronald Ketjijere, gereelde kaptein van die Warriors, sê die spelers sal hul beste lewer om vir hulself ’n plek in die toekoms oop te veg.

“Die plaaslik gebaseerde spelers weet hulle moet hierdie kans aangryp en hul hande vir die toekoms opsteek.

“Toe ons die beker verlede jaar gewen het, was dit ’n groot prestasie vir ons, want die spelers het vir ’n plek in die groep geveg wat na Marokko vir die CHAN-toernooi in Januarie vanjaar gereis het.

“Hierdie naweek sal die spelers beslis weer hul harte uitspeel, want die Afrika Nasiesbekertoernooi (Afcon) is volgende jaar en ons moet nog teen Zambië speel om te kwalifiseer. Dus is daar oorgenoeg aansporing vir die manne om die breier te beïndruk.

“President Geingob is die beskermheer vir so lank as wat ek kan onthou en hy het baie vir die Brave Warriors oor die jare gedoen. Al hoe ons hom hiervoor kan vergoed, is om by die geleentheid wat na hom vernoem is, aan die wenkant te eindig om sy nalatenskap saam met hom te vier.

“Dit sal ’n spesiale oomblik wees om sy hand te skud en die spelers sal dan besef hoe dit voel om vir hul land te speel,” het die kaptein gesê.

Ghana se immer gedugte span word vandag in die hoofstad verwag waarna hulle bene sal rek.

Die eerste 5 000 toeskouers deur die stadion se hekke Saterdag sal verskeie aandenkings soos hoedjies, T-hemde en geskenkpakke met die vergunning van MTC, Namibië Brouerye, Huawei, Namibia Wild Life Resorts en Air Namibia ontvang.

Daar sal ’n skop-en-wen kompetisie teen gewese doelwagters wees waarin ondersteuners pryse kan wen. Plaaslike musikante soos Exit, Female Donkey, Gazza, Tate Buti, Tequila en The Dog sal in die opbou voor die aksie, tydens rustyd asook ná die wedstryde die ondersteuners vermaak.

Hekke open Saterdag om 10:00 en die eerste botsing van die dag skop om 12:30 tussen die Junior Gladiators (Namibië o.20-vroue) en die Young Gladiators (die o.23’s) af.

Kaartjies kos N$30, wat vooraf by Webtickets of by Sokkerhuis in Katutura gekoop kan word. Andersins sal toegang N$50 by die hek beloop.

Afrigter Kwesi Appiah se Black Stars-spelersgroep is Amos Addae, Appiah McCarthy, Habib Mohammed, Robert Dabuo, Shafiu Mumuni, (Ashantigold), Nii Armah Ashittey, Issah Yakubu (Dreams), Kwadwo Amoako (Eleven Wonders), Felix Addo, Benjamin Tweneboa (Elmina Sharks), Fatau Mohammed, Benjamin Agyare (Hearts of Oak), Richmond Lamptey (Inter Allies), Ibrahim Moro, William Opoku Mensah (Karela), Justice Blay, Kwasi Donsu, Ofori Antwi, Ibrahim Yaro en Kwame Boateng (Medeama). - www.NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067