Gehoor luister aandagtig na Leeus se Ackermann
Gehoor luister aandagtig na Leeus se Ackermann

Gehoor luister aandagtig na Leeus se Ackermann

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Goue Leeus se rugby-afrigter Johann Ackermann was soos verwag uiters gewild toe hy gister die genooide spreker by ''n ontbytgeleentheid in Windhoek was.

Die voormalige Springbokslot het openhartig gepraat oor aspekte van die spangees en kultuur wat by dié rugby-unie gevestig is wat onder die afrigting van Ackermann en sy hulpafrigter Swys de Bruin floreer en die verbeelding van rugby-ondersteuners aangegryp het.

Sy persoonlike geestelike getuienis het terselfdertyd aangesluit by die bekendstelling van Living Ball Namibia – ''n inisiatief waarin balsporte soos rugby, sokker en netbal as ''n hulpmiddel gebruik word om die evangelie na nuwe omgewings uit te dra.

As een van die Goue Leeus se waardes het hulle die akroniem PRIDE aangeneem, wat vir “Personal responsibility in delivering excellence” staan.

Ackermann het breedvoerig gesels oor die proses hoe die Goue Leeus, wat in 2014 as een van Suid-Afrika se Superrugby-franchises weggelaat is, hul spelstyl en spankultuur aangepas het om weer een van die land se toonaangewende unies te word.

''n Gehoor van meer as 1 000 Namibiërs het by die Hotel Safari vir meer as 90 minute aandagtig na Ackermann se perspektief – asook staaltjies uit sy speeldae en sy geestelike getuienis – geluister. Die organiseerders het spesifiek gereël dat rugbyspelende seuns van verskeie skole aan elke tafel teenwoordig was om die geleentheid eerstehands te beleef.

Op ''n vraag of die wenmotief in rugby nie soms veral op skolevlak te ver gedryf word nie, het Ackermann soos volg geantwoord.

“As ''n pa van drie kinders glo ek dat die liefde vir ''n sport eerstens van die kind self moet kom, eerder as dat ouers hom teen sy sin aandryf om te presteer. As dit wel sy passie is om sy droom in rugby na te jaag, gee hom die vryheid om daai besluit te neem en ondersteun hom daarin. Hy sal dan kan terugkyk op die ondersteuning wat jy hom gegee het – eerder as die kritiek oor wat hy reg of verkeerd gedoen het.”

Aan die ander kant het hy gesê die druk wat met skolerugby gepaard gaan, is dieselfde as wat in professionele rugby geld en is ''n aanduider van wat ''n speler vorentoe kan verwag.

“Die slegte ding is die beheptheid om kinders groter en sterker te maak en dat hulle op al hoe vroeër ouderdom met gewigte begin oefen en aanvullings te gebruik, ensovoorts. ''n Mens weet nie altyd wat die lang termyn uitwerking hiervan is nie. Sal ons dan steeds kry dat ''n speler sal aanhou rugby speel tot diep in sy dertigs?

“Daar is dalk wysheid in Nieu-Seeland se benadering om veral die laerskoolkinders se ligas volgens hul gewig, eerder as hul ouderdom, saam te stel. By ons word die bal vir die grootste speler gegee om bo-oor almal te hardloop, maar as hy in die hoërskool kom, het hy nog nie geleer om ''n bal behoorlik uit te gee nie.”



SPANKULTUUR

Oor aspekte soos die onderlinge vertroue tussen spelers en die oordrag van verantwoordelikheid aan die senior groeplede om die dissipline en gedragskode neer te lê, het Ackermann nie doekies omgedraai nie.

“Mense se dunk van jou sal altyd verskil. As jy dit as ''n maatstaf gebruik, weet ek nie hoeveel dae van die jaar jy met vrede in jou hart sal gaan slaap nie. Wanneer jy besluite moet neem, sal mense altyd van jou verskil. By ons is nie ''n kultuur van veroordeling wanneer ''n speler foute begaan nie.

“As afrigter hou ek ''n groep spelers se loopbane in my hand. As ''n speler ''n kontrak kry of nie, is dit nie sommer ''n ligtelike besluit nie. Dit is altyd moontlik dat ek hiermee ''n fout kan maak en ''n speler se kontrak nie hernu nie, voordat hy na ons opponente aanbeweeg en ''n ster word. Dan was dit dalk so bestem. Ek het vrede in my hart nodig en daarom kan ek nie dink dat jy in sulke besluite net op jou eie krag en wysheid staatmaak nie.”

Ackermann staan steeds bekend as een van die ystermanne van Springbok-rugby wat op 37-jarige leeftyd die oudste speler in dié land se toetsgeskiedenis was. “Dit was deels omdat ek soms tussenin darem ook ruskans gekry het,” het hy geskerts oor sy skorsing van twee jaar vir die gebruik van ''n verbode middel wat hy gehoop het hom gouer van ''n besering sal help herstel.

Die hoogte- en laagtepunte van sy loopbaan as speler, asook tweede kanse en helpende hande op kwesbare stadiums, het hom uiteindelik help toerus om vandag ook as hoofafrigter sy spelersgroep met deernis en insig te hanteer, glo hy.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%