Geen water, geen operasie
Geen water, geen operasie

Geen water, geen operasie

Pasiënte lê in oorvol sale en wag weke op operasies.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Geen water, geen toerusting, geen dokter.

Dis die verskonings wat ’n vrou wie se nier dringend verwyder moet word, die afgelope paar weke moes hoor wanneer sy by die Sentrale Hospitaal in Windhoek vir die operasie moes aanmeld.

Volgens die vrou, wat in erge pyn verkeer, het sy reeds ’n paar maande gelede gehoor daar is ’n groeisel op haar een nier, wat beskadig is, en haar blindederm is vergroot. Dit nadat sy noodgedwonge na ’n private praktyk vir ’n sonarafspraak moes gaan omdat sy hiervoor ook drie maande by die staatshospitaal moes wag.

“As ek by die hospitaal kom om vir die operasie in te boek, is daar altyd ’n verskoning. Een keer het hulle gesê die hospitaal is volgeboek, want mense kom van oraloor die land vir operasies. Daar is net een dokter wat een keer ’n week hierdie operasies doen.”

Verlede Woensdag was die verskoning van die toerusting wat vir die operasie gebruik moet word, “is nie daar nie” en sy moet maar weer die week kom om te kyk of sy opgeneem kan word. Selfs die dokter wat die operasie moet uitvoer, was volgens haar glo ook nie beskikbaar nie.

“Die operasiesaal is vol mense en die mense lê op matrasse op die vloer,” het sy gesê.

Sy is ook nie seker of sy vandeesweek wel die operasie sal kan kry wat hopelik die einde van die verlammende pyn wees wat haar teister nie.

“Soms is daar noodgevalle op die operasiedag, soms is daar nie ’n dokter nie, en so hoop die mense net al hoe meer op.”

Die vrou het ook geen medikasie behalwe pynpille ontvang nie.

“Hulle gee net Panado en pynstroop. Die pyn is so erg, ek kan nie lank sit of staan nie.”

Volgens haar het ’n man wat verlede week saam met haar gewag het om opgeneem te word, ook gehoor hy moet maar weer oor ’n maand terugkom sodat sy dreineringspyp uitgehaal kan word. Volgens haar moes die pyp al ses maande gelede uitgehaal gewees het.

Nog ’n vrou het vertel pasiënte wat hulself in hul beddens bevuil, lê na bewering so totdat ’n besoeker kom en hulle skoonmaak. Sterf ’n pasiënt, word eers gewag totdat ’n familielid, vriend of kennis enige vorm van identifikasie bring voordat die lyk glo verwyder word.

“Dit lê net daar met al die reuke totdat iemand die paspoort of identiteitsdokument bring. Baie keer moet die persoon dit eers gaan soek in iemand se huis en gaan rondkrap om dit te kry,” het sy gesê.

Diefstal van pasiënte se persoonlike besittings is glo volgens haar ook aan die orde van die dag. Volgens die vrou kyk die sekuriteitswagte glo nie regtig wie by die deure in- en uitgaan nie.

“Enigiemand kom net in en gaan steel by pasiënte wat slaap of ná ’n operasie swak is. Die kassie langs die bed word net oopgemaak en alles gevat.”

Volgens die vrou is daar ook nie lakens en kussings in die hospitaal nie, met vele pasiënte wat glo ook in die oorvol hospitaal in die gange en op vloere moet slaap. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.45/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 904.78/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 324.45/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 904.78/OZ DOWN -0.0056