Geen verslapping van Covid-regulasies
Die Covid-19-regulasies wat vandag om middernag verstryk, is vir ‘n verdere 14 dae verleng.
Pres. Hage Geingob het tydens die 31ste Covid-19-nuuskonferensie by Staatshuis gesê die kabinet het besluit die situasie in die land noodsaak hierdie besluit. Altesame 18 182 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 14 dae aangemeld.
Hy het verwys na die toename in die getal mense wat tuis sterf en die gemeenskap van Rehoboth geloof vir maatreëls wat getref is om met die hulp van mediese kundigheid, mense tuis te verpleeg. Hy het ‘n beroep op ander gemeenskappe gedoen om in konsultasie met die gesondheidsministerie, dié voorbeeld te volg.
Geingob het verder gesê die druk op invoere uit Suid-Afrika vanweë onluste in die buurland, skep nuwe geleenthede vir Namibië.
Volgens hom gaan die plaaslike suurstofleweringsvermoë met die beskikbaarheid van geld deur die staatspensioenfonds (GIPF) verbeter word.
Net so gaan meer doodskiste plaaslik vervaardig word – ‘n inisitief, sê hy, om geleenthede vir jongmense te skep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie