Geen verbod op 'burkini'
Geen verbod op 'burkini'

Geen verbod op 'burkini'

Italië
Estelle de Bruyn
Italië sal nie Frankryk se voorbeeld volg en ’n verbod op die “burkini” op sy strande instel nie.
Tog beplan die land strenger regulering van imams en moskees, het die land se minister van binnelandse sake gesê.
Angelino Alfano het aan die dagblad, Corriere della Sera, gesê Frankryk se beperkinge op Islamitiese kleredrag is teenproduktief.
Gevra oor die verbod wat verskeie Franse kusdorpe teen die “burkini” ingestel het, het hy geantwoord: “Dit lyk ongelukkig nie vir my asof die Franse model ten beste gewerk het nie.”
Die beplande Italiaanse veiligheidswetgewing sal vereis dat alle imams wat in die land se moskees preek, in Italië opgelei moet word en dat moskees aan plaaslike wetgewing sal moet voldoen. Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2026-03-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer