'Geen vars hout geoes'

Vervoer glo deeglik gemonitor

15 January 2020 | Ministeries
Die ministerie van landbou, water en bosbou beklemtoon geen vars hout word in die Kavango-Wes-, Kavango-Oos- en Zambezistreek geoes nie.

Mnr. Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie, het in 'n ­mediaverklaring herhaal geen hout mag snags vervoer word nie.

“Plaaslike houtprodusente moet ook voorkeur bo buitelanders geniet om die hout te koop,” sê Musheko in die verklaring.

“Alle hout moet in die teenwoordigheid van beamptes van die ­ministerie in vraghouers op vragmotors gelaai word,” sê hy.

Die mediaverklaring volg omdat die houtkwessie steeds wyd aandag trek en bespreek word.

“Die ministerie het vasgestel daar is steeds vrae oor die oes, vervoer en bemarking van hout,” sê Musheko.

“Dit ondanks die kabinetsaan­kondiging in Desember dat 'n groot hoeveelheid reeds geoesde hout in dié drie streke is.”

Die woordvoerder sê die kabinet het die betrokke ministeries beveel om die hout wat reeds geoes is, sover moontlik plaaslik en ­internasionaal te bemark.

Die minister van inligting en ­kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simaata, het dié aankondiging reeds op 9 Desember gemaak.

Volgens Musheko het sy ministerie, in samewerking met ander rolspelers soos die ministerie van die omgewing en toerisme, die Namibiese polisie en doeanebeamptes, maatreëls ingestel om gehoor aan dié kabinetsopdrag te gee.

“'n Span van 17 personeellede is in die streke en by die Mururani-, Buravo- en Mpungu Vlei-padblokkades ontplooi, wat toegang tot die noordoostelike streke bied.”

Die woordvoerder sê sedertdien werk die span onverpoos om te ­verseker prosedures word gevolg.

“Hoewel die span van 20 Desember tot 13 Januarie met vakansie was, is geen Namibiese hout in die vakansieseisoen vervoer nie. Personeel was deurgaans by verskeie strategiese padblokkades aan diens.”

Volgens Musheko is toestemming aan buurlande soos Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo gegee om hout deur Namibië van die lande van oorsprong af na die ­Walvisbaai-hawe te vervoer.

“Hout wat vervoer word, word deeglik gemonitor – vandat dit Namibië binnekom tot by Walvisbaai,” sê hy.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

12 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

12 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

12 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

12 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

12 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

12 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

12 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...