Geen twyfel oor haar nalatenskap
Geen twyfel oor haar nalatenskap

Geen twyfel oor haar nalatenskap

Juliana Simonfi was die dryfveer vir die eerste glansperiode in die geskiedenis van gimnastiek in die land.
Andrew Poolman - Die onskatbare waarde van wyle me. Juliana Simonfi as 'n afrigter wat vroualleen die ganse vlak van gimnastiek in Namibië opgehef het, is vars in die geheue sedert haar afsterwe in Windhoek laas week op 64-jarige leeftyd.

Simonfi, gebore in Roemenië, se talent as gimnas is reeds as vyfjarige raakgesien. Sy is in 'n hoëprestasiesentrum geplaas en het Roemenië in 1972 in die Olimpiese Spele in München, Duitsland verteenwoordig waar dié span in die vierde posisie geëindig het.

Ná haar dae as aktiewe gimnas het sy ook in Roemenië begin afrig, maar met haar avontuurlike gees het sy graag gereis en het vir bykans tien jaar in Centurion in Suid-Afrika 'n posisie as afrigter aanvaar.

Haar koms na Namibië in 1997 was die begin van 'n era waarin sy bekendheid as 'n uitmuntende afrigter van artistiese meisiesgimnaste verwerf het. Veral haar choreografie van beweging vir die vloer- en balkroetines was uitstaande en een van haar skeppende balkbewegings het FIG-erkenning verwerf.

Die balk was Simonfi se gunsteling item. Haar afrigting van Kimberly-Ann van Zyl om die goue medalje op die balk by die senior Afrika-kampioenskap te verwerf, het vir 'n geskiedkundige oomblik vir die sport in Namibië gesorg.

Simonfi en haar gimnaste het Namibië uiteindelik by verskeie Streek 5-, Afrika- en wêreldkampioenskappe asook Afrika- en Statebondspeles verteenwoordig.

Jaarliks het haar gimnaste ook die individuele trofeë vir artistiese gimnaste by die nasionale kampioen­skap oorheers.

Tesame met haar goeie vriendin me. Dongina Risser is verskeie oefenkampe plaaslik en in die buiteland gereël, waarvan een in Roemenië was.

“Daar was niks wat sy méér geniet het as om tyd met haar seun Adrian en haar hond Lola te bestee, of om lede van haar uitgebreide gimnastiekfamilie te nooi om haar Roemeense kookgeregte te kom geniet nie. Baie mense was lief vir haar en sal haar baie mis,” vertel Risser.

Op sosiale media is sedertdien verskeie emosionele huldeblyke vir Simonfi deur haar voormalige gimnaste en medebestuurslede geplaas.

Die oudgimnas Lorraine Moore (nou Holland-Muter) skryf: “Inderdaad 'n hartseer dag vir Namibiese gimnastiek. Ons het ons koningin verloor – Juliana wat die sport tot nuwe hoogtes in die Land of the Brave gevoer het.

“Ek sal altyd dankbaar wees vir alles wat ek by haar geleer het, insluitend om Engels te praat toe ek ses jaar oud was. Sy het aan ons gedemonstreer wat harde werk, toewyding en volharding beteken. Sy het my dissipline en elegansie geleer en bowenal die vertroue in myself en die talent wat God my gegee het.”

Ramona Beukes (nou Hockey): “Ek het soveel by jou geleer waarvoor ek ewig dankbaar sal wees. Jy was soos 'n tweede ma vir my – streng, maar liefdevol. Ek sal nooit ons goeie herinneringe, die harde werk en die oorwinnings vergeet nie.

“Ek is trots om te sê dat jy my afrigter was; jy was 'n legende.”

Kimberly-Ann van Zyl (nou Decina): “Hoe neem 'n mens afskeid van iemand wat so 'n belangrike deel van jou lewe was vir meer as 'n dekade? Eindelose herinneringe en spesiale gedeelde oomblikke – van my eerste kompetisie tot my laaste, en alles tussenin. Nie net 'n wonderlike afrigter nie, maar ook 'n dapper en spesiale vrou wat altyd deel sal wees van wie ek is.”

Die begrafnis word komende Saterdag, 2 November, om 10:00 vanuit die kapel by die Pionierspark begraafplaas gehou.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 26km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%