Geen sterftes, 61 nuwe gevalle
Geen sterftes, 61 nuwe gevalle

Geen sterftes, 61 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die totale getal Covid-19-sterftes bly op 3 973, terwyl 61 nuwe gevalle gister aangeteken is. Dit is 'n positiwiteitskoers van 6,6% en sluit ses leerlinge, vier gesondheidswerkers en drie onderwysers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 8 021 waarvan 95 in die hospitaal en tien in die ICU is. Tot op hede het 423 527 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 360 826 ten volle ingeënt is.

Kommentaar

Republikein 2025-06-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer