Geen sterftes, 38 nuwe gevalle
Geen Covid-sterftes is gister aangeteken nie, terwyl 38 nuwe gevalle aangemeld is. Dit dui op 'n positiewe koers van 2,7%. Die 38 nuwe gevalle sluit 15 leerlinge, een student en een onderwyser in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 048 waarvan 66 in die hospitaal en agt in die ICU is. Tot op hede het 285 993 mense een dosis entstof teen Covid-19 ontvang, terwyl 209 055 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers is 96,4%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie