Geen sterftes, 23 nuwe gevalle
Geen Covid-sterftes is gister aangemeld nie en die totale syfer bly op 3 527. Die nuwe gevalle is 23, 'n positiewe koers van 1,6%. Die 23 nuwe gevalle sluit 6 leerlinge in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 023 waarvan 63 in die hospitaal en 10 in die ICU is. Tot op hede het 285 745 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 208 661 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96,4%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie