Geen sterftes, 112 nuwe gevalle
Geen nuwe Covid-sterftes is gister aangeteken nie, terwyl 112 nuwe gevalle, 'n positiewe koers van 8%, aangemeld is. Dit sluit 66 leerlinge, drie onderwysers en een student in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 114 waarvan 89 in die hospitaal en 16 in die ICU is. Tot op hede het 258 817 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 174 263 ten volle ingeënt is. Die sterftesyfer bly op 3 494 en die herstelkoers is 96%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie