Geen ster kan skyn as dit nié donker is
Elvira Hattingh - My vriende in Suid-Afrika sê aangesien hulle weens hul Covid-19-inperking nie by hul ouers mag kuier nie, het hulle besluit om nou maar as 'n familie 'n taxi te huur.
Ingevolge inperkingsmaatreëls in die buurland sal hulle hom vól laai, en al geselsend (met oop vensters) kruis en dwars deur die Kaap ry. Bogger die sneeu, solank die vensters net oop is skrik daai kiem hom boeglam, meen die goewerment.
Of nog beter, gaan net saam kerk of casino toe, dáár word darem 50 persone toegelaat. Moet net nie jou familie tuis besoek nie.
Lyk my ook haarsalonne is nou weer veilig, maar sorg net dat jy versigtig ry, want Covid het nou glo selfs motorongelukslagoffers.
Ek gee toe, hierdie is nie ons probleme nie, eerder ons buurland s'n (al raak dinge wat daar gebeur ons dikwels ook).
Boonop moet ek dit duidelik en onomwonde stel: Ons durf nóóit 'n bespotting van die virus maak en die ernstige bedreiging wat dit vir sommige mense inhou nie.
'n Mens mag egter wel soms wonder oor hoe weldeurdag regeringsoptrede tydens die pandemie is, veral as dit kom by die instel van sekere maatreëls en om die tyd uit te koop om op die pandemie voor te berei.
Albert Einstein het gesê “blinde geloof in gesag is die waarheid se grootste vyand.” Ek dink dié pandemie het wêreldwyd beide sterk en swak regerings se ware karakters ontbloot.
Nietemin is hierdie jaar met sy pragtige gelyke getal nou al soos 'n swak riller wat reeds ál sy kykers vervreem het, maar helaas, daar is geen slot aan dié verhaal nie. Selfs die sogenaamde “vrees-dialoog” fassineer niemand meer nie.
Een ding is seker. Covid-19 móét ook 'n einde hê. Dit kan nie vir altyd aangaan nie. Onmoontlik. Ons sál anderkant uitkom en daar sál 'n môre wees.
Al beteken dit ons sal die versplinterde stukkies van ons lewe oraloor moet optel en van onder af begin opbou, herbou.
Vra ons voorsate, wat talle ellendes soos oorloë, droogtes en siekte ervaar het, of hulle dit nie ook moes doen nie? Het ons gedink ons is verhewe bo hierdie aspekte van menswees en sou van rampe gevrywaar word?
Wie het ons geslag gedink is ons?
Ek glo nie dat enige uitdaging oor ons pad, sommer maar net gebeur nie. Dit is 'n toets vir ieder en 'n elk en daarom kan ons nie net sit en wag dat dit moet verbygaan nie.
Wat moet ons doen om hierdie toets te slaag?
Dit is iets wat elkeen vir homself moet beantwoord.
Dalk moet dit ons terug op ons knieë kry? Dalk moet dit ons daaraan herinner om nie altyd net op beter dae te wag nie? Ons lewens is kort, 'n blote seisoen, en te kosbaar om dele daarvan verby te wens!
Ons kan vandag reeds begin om dinge beter te maak! Nie almal van ons kan groot dinge doen nie, maar ons kan klein dingetjies met groot liefde doen.
Dalk moet ons aanvaar dat ons nié in beheer is nie en opnuut leer Wie is. Dalk moet ons leer dat bekommernis jou lewe nie met 'n enkele minuut kan verleng nie.
Onthou ook, 'n kalm see het nog nooit vir 'n vaardige matroos gesorg nie. Boonop kan geen sterre skyn as dit nie donker is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie