Geen spore sonder papier
Chaos met die bestuur van die staat se beursgeld vir studente is reeds ‘n bekende feit vir meer as twee dekades.
Die grootskaalse nie-terugbetaling van lenings is al ewe lank ‘n realiteit.
Namibiërs hoop dat dié uitgerekte skandaal finaal deur die staande komitee oor openbare rekeninge ter ruste gelê sal word.
Die verlede vóór 2013, toe die beursfonds (NSFAF) as deel van ‘n regrukaksie in ‘n onafhanklike staatsonderneming omskep is, kan nie in belang van “nuwe beginne” in die doofpot beland nie. Die komitee is dit aan inwoners verskuldig om tot by die wortels van die skandaal te delwe.
Swak rekordhouding deur die ministerie van onderwys, wat voor dit in beheer was, is geen verweer nie. Ook toe was daar aanspreeklikes.
Stawing ontbreek vir honderde miljoene dollar en duisende lêers het moontlik vermis geraak. Sonder bewyse tot die teendeel, sal redelike vermoedens van bedrog, korrupsie en diefstal nie wyk nie.
In Namibië is die omskakeling na elektroniese stelsels van administrasie, rekordbewaring en boekhouding steeds moeisaam en geld hiervoor meestal beperk. Sonder papierbronne kan geen rekords egter elektronies herskep word nie.
As verantwoording nie in die NSFAF-debakel geskied nie, bly dit ‘n leë modefrase.
Hoe langer ondersoeke en sigbare optrede draal, hoe kleiner die kans op opregte verantwoording. Hiervoor het die kantoor van die ouditeur-generaal beslis meer geld en spiere nodig.
Die lesse wat nou geleer word, moet ‘n vingerwysing vir alle gebrekkige administratiewe stelsels wees.
So sê ander
19 Julie 2016
DKD-uitspraak is ’n oorwinning vir die Grondwet
Die uitspraak van die konstitusionele hof dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) se diensbillikheidsplan onregverdig teen bruin mense diskrimineer, is nóg ’n rigtinggewende hofuitspraak wat wys hoe die regering dwaal met sy kortsigtige toepassing van regstellende aksie.
Nogmaals: Swart mense hét ’n ekonomiese agterstand weens apartheid, en regstellende aksie ís nodig om dié nalatenskap te help uitwis. Eweneens is regstellende aksie – in die wyse waarop dit oor meer as twee dekades deur die regering toegepas is – gekenmerk deur ernstige ideologiese rigiditeit. As sodanig het dit tot ’n verskeidenheid onregverdighede en onbedoelde nadele gelei.
Dit is lankal duidelik dat die regering hom nie deur die gees van die Grondwet laat lei in sy interpretasie van regstellende aksie nie, en die hofuitspraak het dit nou op kragtige wyse bevestig.• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie