Geen simpatie vir ander se hartseer
Geen simpatie vir ander se hartseer

Geen simpatie vir ander se hartseer

Mandy Rittmann
RIANA JONKER SKRYF:

Ek sien julle artikel oor toeriste wat kan kom en gaan soos hulle wil.

Ons moedertjie is Sondag skielik oorlede, ons hardloop al heel week rond om na haar begrafnis toe te gaan, wat eerskomende Maandag (vandag) in Johannesburg is.

Ons het ten duurste betaal, om net te bevestig ons is negatief vir Covid, maar ons word gesê ons moet verpligte kwarantyn doen vir 7 dae. Geen uitsondering of enige meegevoel, dat ons hier is en sy in Johannesburg.

Ons mag nie gaan en eer betoon nie, want wie is ons.

Niemand belangrik of toeris nie.

Ons harte is stukkend.

Geen liefde en simpatie meer vir jou medemens nie.

Kommentaar

Republikein 2025-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer