Geen 'oorlog', maar wel 'n groter gevaar
STEVE SKRYF:
Die idee dat Namibië ooit 'n wit regering sal kry, klink soos ’n voorspelling vir die jaar 2090, geneem uit ’n wetenskapfiksieboek.
Miskien sien President Hage Geingob reeds ’n “wit gevaar” vir die Swapo-heerskappy.
Onse president is dalk vêrsiende of word ingelig oor die "wit gevaar" deur sy intelligensie-eenheid.
Ook slaan die here Venaani, Hopwood en andere die bal heeltemal mis om te dink dat 6% blanke kiesers geen faktor kan wees in enige toekomstige verkiesing nie.
Histories is die blankes bekend daarvoor dat hulle selde of ooit kan saamstem oor enigiets, behalwe dat ons saamgestem het dat Namibië onafhanklik moet word onder ’n demokratiese, nie-rassistiese regering. Met die nadruk op nie-rassisties.
So, wat moet gebeur sodat die blankes Namibië effektief kan regeer?
In die VSA is so ’n scenario stadig maar seker besig om te ontvou.
In die nabye toekoms sal swart Amerikaners saam met die Spaanssprekende bevolking bepaal wie die land regeer. Altwee die taalgroepe is minderheidsgroepe.
Terug in Namibië, as sou die volgende gebeur, dan swaai die klein stert die groot hond.
Verbeel maar die PDM, in ’n algemene verkiesing, kry 47% van die swart en bruin stem en sê maar die blanke stem beloop 6%, dan sou ’n PDM-koalisie byvoorbeeld met die Republikeinse Party die nuwe regering wees. Tegnies gesproke is die regering dan in die hande van die blankes?
Dit is tragies dat president Geingob hom skielik bekommer oor die handjie vol blankes wat kwansuis ’n oorlog verklaar het teen Swapo deur te registreer as stemgeregtigdes. Pure, rassistiese onsin!
Wie wil so 'n land regeer?
Ons wil almal per slot van sake net gesien word as Namibiërs.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie