Geen ompaaie teen vanaand vir vragverkeer na SA
Geen ompaaie teen vanaand vir vragverkeer na SA

Geen ompaaie teen vanaand vir vragverkeer na SA

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die frustrasie wat vervoermaatskappye ervaar het toe die twee vernaamste suidelike grensposte na Suid-Afrika kort na mekaar vir Covid-19-ontsmetting gesluit is, behoort teen 18:00 vanaand iets van die verlede te wees wanneer die Nakop-grenspos heropen.
Die grenspos by Nakop is Sondagaand gesluit nadat twee beamptes Covid-19 opgedoen het. Dit was net 'n dag nadat Vioolsdrift heropen het, wat Donderdagaand genoodsaak was om ook sy tydelike sluiting vir die ontsmetting van die grenspos weens Covid-19 aan te kondig.
Verkeer via Upington na Suid-Afrika gebruik Nakop-grenspos, terwyl vragverkeer tussen Namibië en die Kaap van die grenspos by Vioolsdrift gebruik maak.
Vragmotors wat met die Trans-Kalahari deur Botswana na Gauteng en ander noordelike provinsies in Suid-Afrika reis, het die afgelope maande gereeld lang wagperiodes by grensposte beleef. Enersyds omdat die gesondheidsowerheid in Botswana lorriedrywers vir Covid-19 toets en hulle vir die uitslae moet wag, maar ook omdat grensposte gesluit moes word nadat beamptes positief getoets het.
Mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), het vroeër aan Republikein gesê hierdie oponthoude is een van die groot frustrasies van die sogenaamde nuwe normaal.

Kommentaar

Republikein 2025-09-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer