Geen nuwe Covid-19-gevalle
Denver Kisting – Nadat 19 nuwe gevalle van Covid-19 gister in Namibië aangemeld is, is daar vanoggend geen nuwe gevalle van dié siekte nie.
Me. Emmy-Else Ndevaetela, die toesigbeampte verbonde aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, het vanoggend by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) in Windhoek gesê die aantal bevestigde gevalle staan steeds op 121.
’n Totaal van 99 van dié gevalle is aktief, terwyl 22 reeds van die siekte herstel het, het sy gesê.
Volgens Ndevaetela is al die aktiewe gevalle in ’n bestendige toestand.
Dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het gisteroggend en gisteraand onderskeidelik drie en sestien nuwe gevalle aangekondig.
[email protected]


 
                 
                        
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie