Geen meer 7 dae in kwarantyn vir toeriste
Geen meer 7 dae in kwarantyn vir toeriste

Geen meer 7 dae in kwarantyn vir toeriste

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vandag veranderinge aan die protokol van die toerismeherlewingsplan aangekondig om meer toeriste te lok.

Streng Covid-19-regulasies vir internasionale toeriste soos onder meer sewe dae in kwarantyn is geskrap, waaroor die toerismebedryf verheug is.

Protokol wat verander het behels onder meer: As toeriste op HKIA land, kan hulle na ‘n voorafbespreekte bestemming reis en deelneem aan beplande toerisme-aktiwiteite by die akkommodasieplek vir die aantal dae wat die toeris daar bly.

Shifeta sê indien die toeris minder as vyf dae by die voorafbespreekte plek wil bly, kan die toeris na die volgende bestemming reis.

“Toeriste moet wel beskikbaar wees waar hulle hulself ook al bevind vir die neem van‘n weefselmonster vir ‘n Covid-19-toets.”

Volgens Shifeta moet die toeriste ook bereikbaar wees om die resultaat van die toets op dag sewe te ontvang.

“As die toets negatief is, is die toeris vrygestel van enige toesig. As die toets positief is, sal die toeris na ‘n isolasiefasiliteit geïdentifiseer deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geneem word en op hul eie koste behandel word,” het Shifeta bevestig.

- [email protected]

Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2025-05-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer