Geen listeriose op SA appels, beesvleis nie
Geen listeriose op SA appels, beesvleis nie

Geen listeriose op SA appels, beesvleis nie

Die buurland se vrugte- en rooivleisbedryf sê hul produkte is nié met listeriose besmet nie en veilig vir gebruik.
Samantha van den Berg – Te midde ’n ernstige listeriose-uitbreking in Suid-Afrika en kommer oor higiëne en die uitbreek van verdere siektes weens die erge watertekort in die Kaap, het die sagtevrugtebedryfsliggaam Hortgro ’n berig ten sterkste ontken wat beweer dat Suid-Afrikaanse appels met die Listeria-bakterie besmet is.

Dít volg nadat ’n vals berig hieroor onlangs op sosiale media die ronde gedoen het.

Hortgro het egter in ’n verklaring die versekering gegee dat Listeria nog nooit op vars Suid-Afrikaanse appels gevind is nie.



“Die berig is vals en onverantwoordelik,” het Anton Rabe, Hortgro se uitvoerende direkteur, gesê.

“Die berig wat op WhatsApp versprei word, verwys na ’n voorval in 2015 in die VSA toe Listeria op gekarameliseerde appels in Kalifornië gevind is. Om dié voorval met die vrugtebedryf in enige hoedanigheid te verbind is misleidend en sensasioneel,” het hy verder gesê.

Volgens Rabe is die sagtevrugtebedryf bekommerd oor die listeriose-uitbreking, maar is daar tans geen direkte verband tussen dié siekte en die sagtevrugtebedryf nie.

Hy het bygevoeg dat Hortgro die situasie fyn sal dophou.

Listeriose het in Desember verlede jaar in Suid-Afrika uitgebreek en al meer as 80 lewens geëis.

Luidens ’n verklaring wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes uitgereik is, is daar op 23 Januarie vanjaar al 820 bevestigde voorvalle van listeriose in Suid-Afrika aangemeld.

Hoewel listeriose ’n dodelike siekte is, kan dit voorkom word deur onder meer higiënies te wees as jy met kos werk, kos deeglik gaar te maak en rou en gaar kos apart van mekaar te hou.

Gauteng is die swaarste deur die siekte getref, gevolg deur die Wes-Kaap en dan KwaZulu-Natal.

Listeriose word deur die bakterieë Listeria monocytogenes veroorsaak. Dit kom in die natuur voor en is al in onder meer grond, water, riool en verrotte plantmateriaal aangetref. Dit kan voedselprodukte besmet.

Tot op hede is dit nog onbekend wat die uitbreking in Suid-Afrika veroorsaak het.

Hoewel listeriose ’n dodelike siekte is, kan dit voorkom word deur onder meer higiënies te wees as jy met kos werk, kos deeglik gaar te maak en rou en gaar kos apart van mekaar te hou.

Babas en bejaardes loop onder meer die grootste gevaar om die siekte op te doen, maar almal kan dit kry.

Die Rooivleisbedryfsforum (RMIF) het intussen ook sy kommer oor die listeriose-sterftes uitgespreek.

Die RMIF is egter ongelukkig oor videogrepe van beeste en verpakte beesvleisprodukte wat gedurende nuusinsetsels oor listeriose vertoon word.

Die forum verwys spesifiek na nuusinsetsels wat na bewering op die SAUK uitgesaai is, en sê in die Rooivleisprodusenteorganisasie se maandelikse nuusbrief dat ’n brief hieroor aan die SAUK gerig is.

“Geen voorvalle van listeriose is tot dusver met beeste en verpakte beesvleisprodukte verbind nie.

Die RMIF het die SAUK versoek om onmiddellik op te hou om beeldmateriaal van beeste en verpakte beesvleisprodukte te vertoon omdat dié wanvoorstelling daartoe kan lei dat verbruikers oor die veiligheid van rooivleisprodukte kan twyfel.

“Dit kan tot finansiële verliese vir die rooivleisbedryf lei.”

Volgens die RMIF beskou hulle die saak in ’n baie ernstige lig en sal regstappe gedoen word as die saak nie reggestel word nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die volgende vyf stappe geïdentifiseer waarop mense voedselveiligheid kan bevorder:

· Was jou hande voor jy kos hanteer en ook terwyl jy kos hanteer.

· Hou rou en gekookte kos weg van mekaar. As jy rou kos hanteer, moet jy nie aan gaar kos raak voordat jy jou hande gewas het nie.

· Maak jou kos deeglik gaar. Rou kos (soos vrugte en groente) moet deeglik met lopende water gewas word.

· Bêre kos teen veilige temperature.

· Maak seker jy gebruik skoon water of kook eers die water as jy dit vir kosmaak gebruik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 293.90/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 948.19/OZ UP +1.96% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 293.90/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 898.50/T UP 0.83% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 948.19/OZ UP +1.96%