Geen kersete vanjaar vir Mariental se senior burgers
Finansiële beperkings maak dat die Mariental-munisipaliteit vanjaar nie oudergewoonte ’n kersete vir sy senior burgers gaan aanbied nie omdat daar nie genoeg geld hiervoor beskikbaar is nie.
In die plek daarvan het die raad besluit die munisipaliteit gaan eerder ’n skenking aan die Sacred Heart-hospies op die dorp maak.
Volgens die uitvoerende hoof, mnr. Paul Nghiwelepo, ontvang die munisipaliteit gewoonlik skenkings maar skiet finansiële ondersteuning vanjaar te kort.
“Gegewe dat dit ’n ekonomies moeilike jaar vir besighede was, het baie min maatskappye ’n bydrae gelewer. Ons het daarom besluit om eerder ’n bydrae tot die hospies te maak. Verlede jaar het ons tussen 800 en 900 senior burgers by ons kersete gehad en met die min wat ons nou het, gaan dit nie moontlik wees nie,” het Nghiwelepo gesê.
Volgens hom bepaal wat die munisipaliteit jaarliks in bydraes ontvang, wat hulle tydens die geleentheid aan senior burgers skenk.
“Normaalweg sou ons ’n geskenkpak gee, vleis, groente en ’n maaltyd, maar vanjaar is dit nie moontlik nie.”
Nghiweleposê die hospies wat deur die Rooms Katolieke Kerk op die dorp bestuur word, sal aanstaande week N$25 000 ontvang. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie