Geen keer aan nuwe ITK-vereiste
Geen keer aan nuwe ITK-vereiste

Geen keer aan nuwe ITK-vereiste

Cran antwoord op kwellinge
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) sê hy handel binne sy mandaat en het die nodige kundigheid, reëlings en funksies ingestel om telekommunikasietoestelle te keur wat vanaf 1 November die land binnekom.

Boonop glo dit die plaaslike mark het genoeg tyd gehad het om vir die nuwe regulasie voor te berei en sê groot name soos Apple, Samsung, HP, Dell en Lenovo het reeds die nodige vereistes nagekom.

Die reaksie volg nadat invoerders van dié toestelle hul kommer uitgespreek het oor die nuwe regulasie, waarvolgens alle telekommunikasie-gereedskap eers “tipe” goedkeuring moet kry voor dit plaaslik verkoop kan word. Die goedkeuring is van toepassing op enige een wat telekommunikasie-gereedskap invoer, installeer of verkoop.

Verskeie rolspelers uit die inligtingtegnologie-sektor en raadslede van beide die Inligting en Kommunikasietegnologie Beroepslui-vereniging vir Namibië (ICTPAN) asook die Afrika Inligting en Kommunikasietegnologie Alliansie meen hierdie vereistes is onuitvoerbaar. Dit is weens die omvang daarvan, die koste en tyd wat dit sal neem om goedkeuring te kry en ook omdat Cran, volgens hulle, nie die kundigheid of kapasiteit het om die toetse self uit te voer nie.

Cran het egter gereageer en gesê die onus rus op die aansoekers om seker te maak dat hulle hul aansoeke vroeg genoeg inhandig.

“Die regulasies is aanvanklik op 30 Januarie 2015 gepubliseer, waarna die datum wanneer die regulasies in werking sou tree, tot drie keer uitgestel is. Ná verskeie konsultasies is die nuwe sperdatum op 30 Oktober 2016 gestel en Cran is van mening dat die mark, insluitende die inligtingtegnologie-bedryf, genoeg tyd gehad het om hiervoor voor te berei,” het mnr. Jairus Kapenda van Cran se kommunikasie-afdeling gesê.

Op die vraag of Cran die vermoë het om hierdie toetse self en binne ’n redelike tyd uit te voer, was die antwoord slegs dat die nodige kundigheid, reëlings en funksies bestaan. Verder het Cran gesê aansoekers moet seker maak hul vorms is volledig en dat die aansoekgeld betyds betaal word. “Aansoeke sal verwerk word soos dit ingedien word.”

Op die vraag wat sal gebeur waar sommige produklyne net vir ses weke geldig is, het Cran gesê aansoeke deur vervaardigers word dikwels ingedien lank voor die produk bekendgestel word. “Die inligtingtegnologie-sektor word aangeraai om dieselfde te doen – ons het hulle reeds hiervan in kennis gestel.”

Cran ontken ook dat dit buite sy mandaat optree indien dit ook toestelle soos televisiestelsels, yskaste, lugverkoelers, rekenaars en oorplaatjies vir vee goedkeur.

“Die toerusting uit onderskeie bedrywe wat gebruik maak van ver-skeie bandwydtes, radiofrekwensies, gebruikers toegang tot die internet gee of toelaat om deure van motors en motorhuise oop en toe te sluit of alarmstelsels aan en af te sit, is onderhewig aan goedkeuring.

“Ons moet seker maak dat gebruikers beskerm word teen enige nadelige uitwerking, dat dit nie met ander frekwensies inmeng nie en dat gebruikers nie namaaksels of toestelle van swak gehalte koop nie. Dit vorm deel van Cran se mandaat en ons oortree dus nie enige grense nie.”

Cran sê dié goedkeuringsproses is nie uniek aan Namibië nie en dat Suid-Afrika en ander SADC-lande dit ook doen.

“Die geldigheid van goedkeuringsertifikate uit byvoorbeeld Suid-Afrika of ander lande is beperk tot die lande waarin dit uitgereik is. Die Onafhank­like Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Icasa) het byvoorbeeld geen jurisdiksie in Namibië nie – slegs Cran het.

“Ons maak voorsiening vir die aanvaarding van toetsdokumente van toetslaboratoriums buite Namibië.”

Op die vraag of Namibiërs nou beperkte toegang tot produkte sal hê omdat sekere vervaardigers weens die nuwe regulasie nie meer daarin belangstel om hul produkte plaaslik te verkoop nie, het Cran gesê hy is bewus daarvan dat sommige besighede huiwerig is om aan die nuwe vereistes te voldoen.

“Terselfdertyd het groot name soos Apple, Samsung, HP, Dell en Lenovo reeds die nodige vereistes nagekom. Cran verhoed besighede ook nie om items op spesiale aanvraag in te voer nie, maar sulke items moet steeds die nodige goedkeuringsproses volg,” het Kapenda gesê.

Invoerders van kommunikasietoestelle is egter van mening dat die hele bedryf deur onredelike eise vir papierwerk belemmer sal word. Dit sal die Namibiese mark se toegang tot ’n verskeidenheid produkte beperk, is beweer.

Nog besighede wat dikwels spesiale bestellings van produkte hanteer, sê geen handelaar gaan die hele goedkeuringproses deurloop vir slegs ’n enkele item nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%