Geen hoër belasting in 'nuwe' begroting
Die regering is tans besig om sy halfjaar-begrotingshersiening saam te stel.
Jan Taks gaan Namibiërs nie in Oktober se halfjaar-begrotingshersiening skok nie.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gister aan die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) gesê belastingverhogings is nie deel van die regering se belastinghervormings vir die huidige begrotingsjaar nie.
Die bestaande belastingstelsel is egter ontleed en maatreëls is geïdentifiseer om skuiwergate toe te stop wat die belastingbasis verweer, het Schlettwein gesê.
Die doeltreffendheid van die aansporingsprogram om uitstaande belasting te betaal, word tans bepaal. Dié program het einde Julie verstryk. Sou dié inisiatief verleng word, sal dit vir 'n korter tydperk wees en sal dit aan strenger voorwaardes gekoppel wees, sê Schlettwein.
konsolidering belangrik
Begrotingskonsolidering bly 'n sleutelbeleid. As sulks moet die begrotingshersiening binne die huidige raamwerk vir besteding in die medium termyn (MTEF) geskied, sê hy.
In dié proses moet noodsaaklike dienste egter nie in die gedrang kom nie. Bestedingsbehoeftes moet dus geprioritiseer word.
Schlettwein sê verskeie ingrypings en hervormings is nodig sodat nie beduidend van die begroting afgewyk word nie.
Dit sluit maatreëls in om “oordadige” groei in personeelbesteding in bedwang te hou, asook hervormings aan veral SOE's in die kommersiële sektor om hul afhanklikheid van die begroting te verminder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie