'Geen hidrobreking in Namibië'
Geen hidrobreking word in Namibië beplan nie.
Só sê die ministerie van myne en energie in ‘n mediaverklaring wat vandag uitgereik is na “misleidende” mediaberigte oor hidrobreking in die Okavango-delta.
“Die ministerie het aangedui dat ‘n petroleumeksplorasie-lisensie 73 (PEL 73) aan Reconnaissance Energy Namibia Pty Ltd (Recon) uitgereik is vir die doelwit om vir koolwaterstowwe te soek en nie om enige hidrobreking in die Okavango-delta soos berig, te doen nie,” sê die woordvoerder van die ministerie, mnr. Andreas Simon.
“Die plekke waar die beplande boorwerk gedoen gaan word, is nie langs die oewers van die Kavangorivier geleë nie en baie ver van die Okavango-delta,” het hy gesê.
“Op rekord is geen aansoek vir ‘n aanlandige produksielisensie for PEL 73 gedoen of goedgekeur nie. Geen aansoek vir ‘n lisensie vir die ontwikkeling van onkonvensionele hulpbronne is ooit ingedien of goedgekeur nie.”
Die woordvoerder het bevestig dat alle nodige omgewingsimpakstudies vir die projek in plek is.
Foto ter illustrasie argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie