Geen heenkome vir Mix-leerlinge
Tanja Bause – Van die oprigting van ’n laer- en hoërskool by die Mix-nedersetting buite Windhoek, wat vanjaar sou afskop, het dadels gekom.
Die skuld hiervoor word voor die deur van die staat se begrotingsbesnoeiings gelê.
Volgens inwoners van dié informele nedersetting het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in 2016 reeds ’n stuk grond afgebaken, omhein en kennisgewings aangebring wat die koms van die laer- en hoërskool aankondig.
Sedertdien was daar geen verdere verwikkelinge nie.
Volgens me. Miriam Shikongo, ’n Mix-inwoner, is haar agtjarige seun ’n graad 1-leerling aan die Laerskool Bet-El in Katutura.
“Hy ry soggens om 06:20 met ’n taxi skool toe sodat hy om 07:20 by die skool is. Die taxi kos my N$500 per maand,” het sy gesê.
In krisisgevalle moet sy noodgedwonge van ’n taxi, wat haar N$64 heen en weer kos, gebruik maak om haar seun te gaan haal.
Die omheinde stuk grond is sowat 200 m van Shikongo se huis af geleë.
“Dít is waar die skool gebou sou word, maar nou hoor ons daar is nie geld nie. Ek kon baie geld spaar. Ek kon ook hier staan en seker maak my seun kom veilig by die skool aan. Ek sou hom van hier af kon sien stap. Nou moet ek hom in ’n taxi sit en vertrou hy keer veilig in die namiddag terug huis toe,” het sy gesê.
Nog ’n inwoner, mnr. Samuel Paulus, se kind woon die skool in Katutura ook noodgedwonge by.
“Hier in Mix is baie kinders wat skool toe moet gaan, maar wat nié gaan nie, omdat hul ouers nie geld vir taxi’s het nie. Hulle is te arm, so die kinders bly maar net by die huis,” het Paulus gesê.
Volgens hom kry Mix-inwoners afslag by taxibestuurders.
“Jy kan self dink inreis dorp toe kos N$64. As die ouers dit moet betaal, sou die maandelikse taxifooi naby N$1 500 elke maand wees,” het Paulus gesê.
Volgens mnr. Rino Witbeen moet sy dogter volgende jaar met haar skoolloopbaan begin.
“Ek het nie taxigeld nie. Ek het met my suster gereël dat my dogter volgende jaar by haar in Windhoek sal gaan bly sodat sy nader aan die skool is. Dit is die enigste oplossing waaraan ek kan dink,” sê hy.
Me. Olivia Haimbody, ook ’n inwoner, se baba is vyf maande oud.
“Ons het dringend ’n skool en kliniek by Mix nodig. Die regering vertel ons nou al drie jaar lank hulle sal ’n skool bou, maar elke jaar vertel hulle ons ook dit nie gaan nie gebeur nie, omdat daar weer eens nie geld is nie. Teen die tyd wat my seun skool toe moet gaan, is die skool miskien klaar gebou.”
Mix het ook geen kragtoevoer, ablusiegeriewe, klinieke of winkels nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie