Geen haas oor kernwapens, sê Trump
Pres. Donald Trump van Amerika sê daar is “geen tydsbeperking” vir Noord-Korea om ontslae te raak van sy kernwapens nie en daar is geen behoefte om die proses aan te jaag nie.
Dit is ’n ander deuntjie wat Trump sing nadat hy voorheen gesê het kernontwapening sou “baie vinnig” begin, berig die BBC.
Verlede maand het Trump en Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, geskiedkundige gesprekke gevoer en beloof dat die Koreaanse skiereiland ontslae van kernwapens sou raak.
Die ooreenkoms het nie ’n tydlyn gehad vir die proses nie, en ook nie ’n plan oor hoe dit uitgevoer sou word nie.
Sedert die ontmoeting tussen Trump en Kim op 12 Junie was daar min vordering om kernwapens te verwyder.
Trump sê Amerika gaan voort met besprekinge met Noord-Korea oor die toekoms van die regime se kernwapenarsenaal en dié besprekings gaan “baie, baie goed”, berig The Guardian.
Volgens Trump is daar “geen haas vir spoed” nie omdat Noord-Korea nie enige ballistiese missiele oor die afgelope nege maande getoets het nie.
“Ons het geen tydsbeperking nie. Ons het geen spoedgrens nie. Ons gaan net deur die proses, maar die verhoudings is baie goed,” het hy Dinsdag by ’n vergadering met lede van die kongres gesê. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie