Geen gratis onderwys?
Geen gratis onderwys?

Geen gratis onderwys?

Dani Booysen
Dani Booysen - Hernude nuusberigte oor die knyp waarin staatskole verkeer, bevestig nie net die oogluikende betaalpyne van die regering nie, maar laat 'n mens ook weer prontuit vra of “gratis onderwys” prakties moontlik is.

By verskeie skole word ouers gevra om onder meer papier te skenk. Dit is 'n feit dat baie ander soorte bydraes gevra word om skole funksioneel te hou.

Ouers wat kan bekostig om by te dra, maar weier omdat die regering verniet opvoeding belowe het, sal hopelik hul eie gewete ondersoek. Terselfdertyd is daar behoeftiges wat min of dalk niks kan bydra nie.

Sulke skoliere en gesinne mag nie afgedreig word nie, byvoorbeeld met die ontkenning van hul reg om eksamen te skryf.

Subsidies aan staatskole is aansienlik gesny, maar verskeie skole sê hulle het nog nie hul geld ontvang nie. Om in hierdie omstandighede 'n skoolhoof te wees, op die skoolbestuur en skoolraad te dien, of net 'n gewone onderwyser te wees, is geen grappies nie.

Sulke toestande kan dalk nog meer van die oorblywende toegewydes motiveer om maar liewer die onderwys te verlaat.

Die antwoord dat die staatskas nog nie die betaling van subsidies aan staatskole goedgekeur het, laat Jan Alleman onwillekeurig wonder of daar genoeg dollars in die staatskas is.

As 'n regering regtig in die beginsel van gratis onderrig glo, kan hulle nie terselfdertyd kleingeld daarvoor betaal nie.

Republikein vra opnuut of die begroting vir onderwys regtig oordeelkundig genoeg gesny is.

Soos sake staan, is daar nie regtig gratis, en goeie gratis onderwys nie.





So sê ander

19 Julie 2017



Tyd vir almal om voort te bou op Mandela-erfenis



Sedert sy aftrede, maar veral sedert sy dood in 2013, het oudpres. Nelson Mandela 'n ikoon geword.

Volmaak was hy nie; hy was 'n mens met foute. Tog was hy een van die grootste staatsmanne wat Suid-Afrika in die 20ste eeu opgelewer het.

Hy het vir die vryheid van sy mense geveg; hy het sy bewindstyd as staatshoof veral gebruik om wit en swart duursaam te versoen; en hy het dit alles met onbetwisbare persoonlike integriteit gedoen.

Wat Mandela helaas ook gedoen het, was om tydens sy presidentskap sy oë te sluit vir die neiging tot magsmisbruik en korrupsie in sy geliefde ANC.

Ná sy aftrede in 1999 het dinge stadig maar seker na die verkeerde kant toe begin neig.

Hy het in beginsel 'n stewige fondament vir 'n suksesland gelê.

Het sy opvolgers maar verder geloop op daardie pad wat hy aangedui het.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2026-07-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer