Geen gepeuter met bagasie op Hosea Kutako
Geen gepeuter met bagasie op Hosea Kutako

Geen gepeuter met bagasie op Hosea Kutako

Henriette Lamprecht
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) het berigte ontken daar is Woensdag tydens ’n kragonderbreking op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe met passasiers se bagasie gepeuter. Die NAC erken in ’n verklaring die kragonderbreking Woensdag omstreeks 17:00, maar het kragopwekkers binne 15 sekondes ingeskop om kragtoevoer na die lughawe voort te sit.
Volgens die NAC het die ontleding van beeldmateriaal van kringtelevisie gewys daar was geen “knoeiery” met bagasie op die lughawe nie. Die maatskappy sê Air Namibia het aangewese personeel by die lughawe wat sy passasiers se bagasie hanteer en hou by maatreëls wat in plek is om die veiligheid daarvan te verseker.

Kommentaar

Republikein 2026-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer