Geen geld vir hospitaal op Ondangwa
Geen geld vir hospitaal op Ondangwa

Geen geld vir hospitaal op Ondangwa

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê daar is steeds geen geld beskikbaar om die beplande staatshospitaal op Ondangwa te bou wat ten doel het om die druk op die Oshakati-staatshospitaal te verlig nie.
Volgens Shangula bly die ministerie egter steeds verbind tot verskeie ontwikkelingsprojekte en wat ook insluit ’n akademiese hospitaal vir navorsing en opleiding op die dorp, radioterapie-geriewe by die Oshakati-staatshospitaal, sowel as ’n distrikhospitaal op Nkurenkuru.

Volgens hom was die jaarlikse toekenning vir die ontwikkeling van infrastruktuur vir die afgelope drie jaar sowat N$300 miljoen wat hoofsaaklik gegaan het in die konstruksie en opgradering van klinieke en gesondheidsentrums, sowel as verskeie komponente van hospitale.

Vir die twee projekte wat vir Ondangwa beplan word, is ’n perseel vir die akademiese skool nog nie toegeken of identifiseer nie, maar sal dit in die dorp geleë wees. Vir die distrikshospitaal het die dorpsraad 19 hektaar grond gratis aan die ministerie toegeken.

Shangula sê die ministerie het tot op hede N$4 miljoen bestee in die uitvoer van lewensvatbaarheidstudies vir die beplande projekte. - Nampa


Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer