Geen entstowwe meer in Oshakati-, Rehoboth- en Windhoek-distrikte
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste sê drie distrikte, naamlik Oshakati, Rehoboth en Windhoek het geen voorraad meer van beide AstraZeneca of Sinopharm nie. Vyf distrikte naamlik Swakopmund, Okahandja, Grootfontein, Katima & Mariental het nie meer AstraZeneca in voorraad nie, maar gaan voort met die dosering van Sinopharm. Alle ander distrikte het volgens die hoof van die regering se taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, voorraad van beide entstowwe. Die monitor van voorrade gaan volgens haar voort.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie