Geen donkieslagpale vir Namibië

Ministerie steek stokkie voor Okahandja-planne

09 August 2018 | Ministeries
Jana-Mari Smith - Planne om donkieslagpale by Okahandja op te rig waar ’n 100 diere per dag geslag sou word, is gehalt ná die ministerie van die omgewing en toerisme die aansoek vir ’n omgewingsklaringsertifikaat hiervoor van die hand gewys het.

Die hoofrede hiervoor is kommer oor die oorlewing van dié spesie heers indien dit vir handelsdoeleindes geslag word.

Dít volg nadat donkieslagpale by Outjo in Februarie gekanselleer is, waar sowat 70 diere per dag geslag sou word.

Die projek het in duie gestort ná ’n studie getoon het 'n hoë risiko bestaan dat Namibië se donkiebevolking teen die voorgestelde afslagtariewe uitgewis kan word.

Na aanleiding van 'n hersiening van die voorgestelde Okahandja-abattoir het die ministerie Agrinature Investment and Trade in April vajaar daarvan kennis gestel dat die kommersiële slagting van donkies 'n beduidende risiko vir die spesie se ekologiese bestaan en sosioëkonomiese waarde sou inhou.

Die ministerie het gesê die hersiening was gebaseer op “talle onsekerhede wat met die spesie se voortbestaan verband hou, wat die projek se volhoubaarheid gevolglik belemmer”.

Sy bevindinge is soortgelyk aan dié van ’n omvangstudie wat verlede jaar deur Quivertree Consulting namens Fu Hai Trading Enterprises onderneem is.

Fu Hai Trading Enterprises wou die slagpale by Outjo oprig.

Die spesifieke studie het bevind die hulpbron is beperk en daar is geen presiese sensusdata of navorsing oor hul natuurlike aanteelgetalle of bevolkingsveranderings nie.

“Dit dui op die risiko dat die projek kan lei tot die onvolhoubare aftakeling van donkies, wat die natuurlike bevolking sal verklein," het me. Svenja Garrad van Quivertree Consulting in Februarie gesê.

Die onderneming het ook bevind uitwissing van die spesie sal 'n nadelige uitwerking op die bestaan van arm gemeenskappe hê.

Hy het tot die gevolgtrekking gekom dit sou nalatig wees om aan te beveel dat die projek goedkeuring kry totdat meer betroubare data verkry is.

Mnr. Alex Mayers, van die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koningryk, wat Namibië verlede jaar besoek het om die risiko van die handel in donkievel uit te lig, het gesê die ministerie moet geprys word vir sy “verantwoordelike, bewysgebaseerde en professionele reaksie op die kwessie, en dat hy die deur hiervoor toemaak voor enige skade aangerig kan word".

“Die Donkey Sanctuary het die skade van donkievelhandel beleef, wat kwessies van dierewelsyn, lewensbestaan, besoedeling, biosekuriteit, onvolhoubare benutting, diefstal, hoë waterverbruik en skakels na onwettige wildmisdaad insluit. Ons was erg bekommerd daaroor dat Namibië dieselfde probleme sou ondervind,” het hy gesê.

Data eerste

In Februarie het Quivertree Consulting 'n lys aanbevelings uitgereik wat kommer oor donkiehandel in Namibië aanspreek.

Hulle het die behoefte aan 'n onafhanklike donkiesensus benadruk alvorens slagting vir handelsdoeleindes toegelaat kan word.

Tweedens moet navorsing gedoen word oor pryse om die teel van donkies vir slagdoeleindes aan te moedig.

Hul laaste aanbeveling was dat die data van hierdie studies aangewend word om vas te stel of die sosioëkonomiese risiko's verminder kan word.

Dit is ook voorgestel dat die regering die uitreiking van ’n jaarlikse kwota soos dié van die visbedryf oorweeg.

Nuwe ivoor

Nuus oor die beplande donkieslagpale verlede jaar het wydverspreide debat oor die kwessie veroorsaak en die fokus op die hoë aanvraag vir donkievelle in China verskerp, wat tot 'n florerende donkievelmark gelei het.

Sommige het gewaarsku donkievelle is die nuwe ivoor.

Donkievelle word in China verwerk om ejiao te vervaardig, wat as tradisionele medisyne gebruik word. Die vleis word ook as 'n lekkerny beskou.

Kritici van dié handel het gewaarsku die aanvraag weens te min donkies in China het internasionale handel aangevuur, en op sy beurt die swart mark.

Wêreldhandel het ernstige kommer oor donkies se welsyn en die bestaan van plattelandse gemeenskappe veroorsaak.

Soortgelyk

 

Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

7 ure gelede | Ministeries

Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na...

Leerlingdokters 'van swakker gehalte'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Namibië bestee al ses jaar lank geld aan die opleiding van mediese studente in die buiteland.Volgens mnr. Cornelius Weyulu, registrateur van die...

Regulasies vir loterye en dobbel kom

7 ure gelede | Toerisme

font face="Verdana" >Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan...

Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender

7 ure gelede | Ministeries

Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle...

Weer, Woensdag 20 Februarie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die verre noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele reënbuie in die...

Twee kinders met stok doodgeslaan

7 ure gelede | Misdaad

’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het. Die voorval het...

Weerwaak teen hitte uitgereik

7 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar...

Duister SA bekommer NamPower nie

7 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Namibië se nasionale kragverskaffer, NamPower, sê Suid-Afrika se kragverskaffer, Eskom, is nie die enigste bron waarmee plaaslike krag aangevul word nie. “Namibië...

Pack Safari open toergids-akademie

7 ure gelede | Toerisme

Pack Safari het amptelik die deure van sy toergids-akademie in Windhoek oopgemaak. Die akademie bied gratis beroepsopleiding aan plaaslike, Duitssprekende toergidse met FGASA Veldgids vlak...