Geen 'Brexit' voor aktivering van art. 50
Ronelle Rademeyer - Die Britse hoëkommissariaat in Windhoek het gister gesê Brittanje sal eers wanneer die nuwe premier in die plek van mnr. David Cameron aangestel word, art. 50 van die Verdrag van Lissabon aktiveer.
Dit is ingevolge hierdie artikel waarvan die formele, wetlike wegbreek van die Europese Unie (EU) sal geskied.
Die hoëkommissariaat sê in ’n verklaring dié proses sal twee jaar duur, met Brittanje wat in die tussentyd ’n volle lid van die EU sal bly.
Dié verdrag, waarna ook soms as die EU se grondwet verwys word, is in 2007 in Lissabon, Portugal, deur die lidlande onderteken en het op 1 Desember 2009 van krag geword.
Art. 50 van dié verdrag handel met formele onttrekking deur ’n lidland uit die EU. Dit bepaal ’n lidland wat uit dié magsblok wil bedank, moet kennis gee van sy voorneme en het dan twee jaar tyd om sy betrekkinge met die EU en sy lidlande te onderhandel.
Indien Brittanje nie die sperdatum aan die einde van die twee jaar tydperk haal nie, is daar geen waarborge nie tensy elkeen van die lidlande individueel instem om die spertyd uit te stel.
Die hoëkommissariaat sê in sy verklaring dit is te vroeg om te sê wat die uiteinde van die onderhandelinge gaan wees, maar gee die versekering dat die Britse regering hom op die sekuriteit en voorspoed van die hele Europa sal toespits. Verder is Brittanje voornemens om een van die wêreld se ses sterkste ekonomieë te bly.
“Brittanje sal voortgaan om hegte betrekkinge met die Europese vriende en bondgenote te handhaaf en sal steeds ’n lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad bly, asook van die G7, G20, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) en die Gemenebes.”
Luidens die verklaring ondersteun Brittanje vry en regverdige handel en beplan om dit so te hou. “Dit is te vroeg om te sê dat die onderhandelinge handelsooreenkomste sal beïnvloed, insluitend die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) wat onlangs tussen die EU en lande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) onderteken is.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie