Geen brandstof-tekort in Namibiu00eb verwag
Geen brandstof-tekort in Namibiu00eb verwag

Geen brandstof-tekort in Namibië verwag

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Anders as in Suid-Afrika waar ’n tekort aan diesel tans beleef word, is Namibië se brandstofvoorraadvlakke nie onder druk nie.
So sê mnr. Harald Schmidt, uitvoerende hoof van die Namibië Oliebedryfvereniging se sekretariaat.
Hy het by navraag reageer op die situasie in die buurland waar die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Petroleumbedryf (SAPIA) gesê het skerp stygings in die vraag na diesel word beleef sedert die ekonomie met die verslapte maatreëls binne vlak 4 van die staat van inperking herstel begin toon het.
Volgens SAPIA word KwaZulu-Natal en die binneland die ergste geraak en diesel word tans gerantsoeneer om die vraag te bestuur en die voorraad te bewaar.
Schmidt sê Namibië het nog genoeg brandstof in voorraad. “Daar het ’n boot met brandstof by Walvisbaai aangekom net voordat die inperkingsmaatreëls in werking getree het,” het hy gesê.

Foto: Pixabay

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer