Geen borgtog vir Noa, vra ondersoekbeampte
Geen borgtog vir Noa, vra ondersoekbeampte

Geen borgtog vir Noa, vra ondersoekbeampte

Die polisiebeampte wat 'n klag van verkragting teen ’n leerlingdokter ondersoek, het sy borgtogaansoek ten sterkste teengestaan.
Yandi Du Plessis
Marc Springer – ‘n Leerlingdokter (27) wat daarvan beskuldig word dat hy op 11 April ‘n manlike pasiënt by die Katutura-hospitaal in Windhoek verkrag het, ontken al die aanklagte teen hom en sê die aantygings is lasterlik en kwaadwillig.

Die ondersoekbeampte het op haar beurt gesê die beskuldigings teen dr. Dennis Noa is ernstig en borgtog moet teengestaan word aangesien daar 'n sterk saak teen hom is en hy met staatsgetuies kan inmeng of selfs op die vlug kan slaan.

In reaksie op staatsaanklaer Bernadine Bertolini se versoek om uit te brei oor die erns van die aanklagte, het speurbeampte Esther Kawiwa gesê: “Dit is 'n baie ernstige misdaad teen 'n kwesbare persoon, gepleeg in ‘n hospitaal wat veronderstel is om ‘n veilige plek te wees, deur iemand wat vertrou word om mense te help.”

Sy het bygevoeg haar ondersoek is nog nie afgehandel nie en sy is bang die beskuldigde kan met getuies, almal sy kollegas en kennisse, inmeng.

In haar getuienis het Kawiwa, wat verbonde is aan die eenheid vir geslagsgebaseerde geweld (GBV), gesê sy het tot dusver ses getuies ondervra, wat almal die beskuldigde by die voorval betrek het.

Volgens hul verklarings was die slagoffer minderjarig en kon hy nie beweeg of praat ná 'n motorongeluk waarin hy ernstig beseer is nie. Met verwysing na die getuies wat sy ondervra het, het Kawiwa gesê die slagoffer was in die hospitaal se neurologie-afdeling vir behandeling. Volgens haar het Noa hom daar gaan haal, sy bed na 'n ander kamer gestoot en hom toe daar verkrag.

“Die slagoffer was verlam en nie in staat om te kommunikeer nie, en sou dus nie tot seksuele omgang kon instem nie,” het sy voortgegaan.

Daarbenewens het twee kollegas van die beskuldigde glo vertel hulle het gesien hoe Noa die slagoffer, wat op sy rug gelê het, se bed by 'n konferensiekamer instoot en die deur van binne sluit. Volgens die getuies is die beskuldigde 'n rukkie later gewaar toe hy die pasiënt, wat nou op sy sy gelê het, na die saal teruggestoot het.

Ná verdere ondersoek is 'n kondoom en 'n sneesdoekie op die bed langs die pasiënt gevind, wie se anus “geskeur was en gebloei het”.

Volgens die getuies is daar “geen manier hoe die verlamde pasiënt op sy eie op sy sy kon draai nie”, en was die rektale beserings ‘n duidelike teken dat “hy deur 'n voorwerp of 'n penis gepenetreer is”.

Sy het verder aan landdros Esme Molefe gesê die pasiënt is kort voor die voorval gebad en dat hy nie die beserings kon opgedoen het voordat die beskuldigde sy bed weggestoot het nie.

“Die beskuldigde was die laaste persoon wat saam met die slagoffer gesien is en was alleen in ‘n kamer met die pasiënt,” het Kawiwa benadruk.

Sy het toegegee 'n toets vir semen was negatief, maar het daarop gewys dat dit nie die beskuldigde vryspreek nie, aangesien “hy 'n kondoom kon dra of 'n voorwerp kon gebruik het om die slagoffer te penetreer”.

Noa het by 'n vorige geleentheid aan die hof gesê hy het die pasiënt gaan haal om hom na ‘n arbeidsterapiesessie te neem. Hy het verder vertel dat hy op pad daarheen eers by die konferensiekamer op dieselfde vloer gestop het om boeke wat hy voorheen daar gelos het, te gaan haal. Op pad uit het hy glo ‘n portier gesien en die pasiënt aan hom oorhandig, beweer Noa.

In haar getuienis het Kawiwa dié weergawe in twyfel getrek en gesê die eenheid vir beroepsgesondheid is Sondae gesluit en was dus nie operasioneel tydens die voorval nie.

Sy het ook verwys na verklarings deur sommige getuies, volgens wie Noa nie die portier kon identifiseer aan wie hy na bewering die pasiënt oorhandig het nie.

“Die beskuldigde het meer as agt maande in die hospitaal gewerk en moes die portiers ken wat daar werk,” het Kawiwa gesê.

“Hy moes ook geweet het die eenheid vir arbeidsterapie is naweke gesluit en dat hy nie die pasiënt daarheen kon neem soos hy beweer het nie.”

Daarbenewens het sy daarop gewys pasiënte kan slegs met ‘n dokter se verwysing na fisioterapie geneem word, en dat dié afspraak in ‘n aparte boek opgeskryf moet word. By navraag kon sy egter nie 'n verwysingsbrief of 'n inskrywing in die boek vind wat bewys dat die pasiënt fisioterapie moes ontvang nie.

Verder het sy daarop gewys dat dit die verpleegsters se plig was om reëlings vir arbeidsterapie te tref en dat dit “ongewoon” sou wees as die beskuldigde, as ‘n leerlingdokter, self die pasiënt sou gaan haal.

Noa word deur mnr. James Diedericks verteenwoordig. Die borgtog-verhoor duur voort.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25%