Geen borgtog vir ma van verminkte
'n Vrou het glo aan haar kerk erken sy het haar seun in 'n oomblik van woede vermoor.
Kenya Kambowe op Ondangwa - Die landdroshof op Ondangwa was gister volgepak vir die eerste verskyning van 'n 31-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar tienjarige seun vermoor en sy geslagsdele verwyder het.
Me. Kristofina Ngesheya word aangekla van moord, liggaamskending en regsverydeling nadat sy haar oudste kind, Erickson Malulu, glo vermoor het deur hom keelaf te sny en sy penis en testikels te verwyder in wat vermoedelik 'n rituele moord was.
Malulu se lyk is Donderdag naby die nuwe militêre basis by die dorp gevind.
Die voorval het skokgolwe deur die land gestuur, met inwoners wat met afgryse gereageer het.
Woedende gemeenskapslede het buite die hof betoog, terwyl leerlinge van die Primêre Skool Oluno by die optog aangesluit het in protes teen die moord op hul skoolmaat.
Die optoggangers het daarop aangedring dat Ngesheya nie borgtog kry nie.
“Hoe kan jy dit aan jou eie kind doen, 'n kind waaraan jy geboorte geskenk en vir tien jaar grootgemaak het?” het een van die optoggangers gevra.
Nog een het opgemerk “geen borgtog moet toegestaan word nie; ons wil nie mense hê wat die lewe van hul eie kinders neem nie”.
Landdros Ninja Hochobes het borgtog geweier weens die erns van die aanklagte teen Ngesheya en die saak is tot 14 Desember uitgestel vir haar om regshulp te bekom.
Ngesheya is Donderdag in hegtenis geneem toe sy die liggaamsdele van haar seun toegedraai in 'n plastieksak in haar handsak na die Universal Church of the Kingdom of God op Ondangwa gevat het.
Dié kerk het intussen die voorval sterk veroordeel en gesê hy het eers Donderdag daarvan uitgevind. Ngesheya het volgens die kerk by 'n pastoor gebieg dat sy haar seun in 'n oomblik van woede vermoor het.
“Die leierskap van die kerk en sy lede is altyd uiters ontsteld om van enige voorval van geweld en mishandeling te hoor. In die geval is dit prysenswaardig dat die vrou besef het sy het hulp nodig en vrywillig na die kerk gekom het om met 'n pastoor te praat,” lui 'n verklaring deur die kerk.
“Onder normale omstandighede word die inhoud van die belydenis streng vertroulik gehou, maar in gevalle waar 'n misdaad gepleeg is en veral 'n kind moontlik in gevaar kan wees, het die kerk 'n wetlike verantwoordelikheid teenoor die minderjarige. Die aantygings deur dié wat sê die kerk is 'n satanistiese, bose kerk wat toordery beoefen, is totaal verkeerd en sonder enige feitlike gronde. Die leierskap van die kerk verwerp dié lasterlike assossiasie ten sterkste.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie