Geen beslissing oor San-hervestigingsplaas
Geen beslissing oor San-hervestigingsplaas

Geen beslissing oor San-hervestigingsplaas

Ongeag ontevredenheid wat op hoë vlak uitgedruk is, gaan ’n Chinese maatskappy en vakbondleier ongehinderd met hul werksaamhede op die grond voort.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die ministerie van grondhervorming moet hom nog uitspreek oor die lot van ’n Chinese maatskappy en sy Namibiese vennoot, die voormalige vakbondleier mnr. Alfred Angula, wat hulself op die plaas Ludwigshafen no. 48 gevestig het.

Dis ook op dié plaas waar San-families voorheen hervestig is.

’n Hoëvlak- ministeriële afvaardiging onder leiding van die ministerie se permanente sekretaris, mnr. Peter Amutenya, het die plaas in Junie besoek om hulself van die situasie te verwittig nadat dit bekend geword het Angula het na homself as die “enigste begunstigde” van die hervestigingsplaas verwys.

Die plaas is aan die Ludwigshafen-werkerstrust toegeken, wat Angula op die been gebring het nadat nege San-families as die begunstigdes van die plaas aangewys is.

Angula self is nie ’n begunstigde nie, hoewel hy homself as voorsitter van die trust gevestig het terwyl hy die sekretaris-generaal van die Namibiese Plaaswerkersunie (Nafwu) was.

By ’n vorige geleentheid het Angula gesê hy het in sy eie hoedanigheid, eerder as in die hoedanigheid van Nafwu se sekretaris-generaal, die voorsitter van die trust geword.

Die hervestigingsplaas se begunstigdes is nege San-families met mnre. Koebeb, Moses Gaeseb, Mathews Kauswoab, Festus Harabib, Johannes Aap, Markus Kamati Sosa, Andreas Kamati, Elifas Haraseb en Jan Tsam as familiehoofde.

As voorsitter van die trust het Angula in April verlede jaar ’n ooreenkoms met Aochen Farming aangegaan, wat deur die Chinese burger mnr. Tao Wang besit word. Die ooreenkoms behels ’n enorme tuinbouprojek op die plaas.

Dít ten spyte daarvan dat die San-families sê hulle dra min kennis van en het min insae in die projek gehad.

Ingeligte bronne sê Angula het homself onlangs as die enigste begunstigde van die plaas voorgestel terwyl hy namens die Chinese, wat vir Aochen Farming werk, om ’n werkspermit by die ministerie van binnelandse sake en immigrasie aansoek gedoen het.

Die ministerie van grondhervorming is hiervan in kennis gestel en dit het tot die hoëvlakbesoek in Junie gelei.

Angula het heftig ontken dat hy vir die Chinese burgers om werkspermitte aansoek gedoen het en homself as enigste begunstigde voorgestel het.

In ’n SMS skryf hy woedend: “Maak asseblief eers seker van jou inligting voor jou beskuldigings van so ’n aard teen my maak.”

Ondanks sy ontkenning het een van die kommissarisse wat aangestel is om die ooreenkoms tussen Angula en Aochen Farming te ondersoek, erken Angula het homself as sodanig voorgestel.

Die kommissaris, wat anoniem wil bly, sê die werkspermitaansoeke is ontvang, maar die kommissie is nie tevrede met die ooreenkoms tussen die twee partye nie. Die kommissaris wou nie verdere besonderhede verstrek nie.

Nog ’n kommissaris, wat anoniem wil bly, sê die ooreenkoms tussen Angula en Aochen Farming is gelykstaande aan grondgrypery.

Die adjunk- eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het glo ook die plaas vroeër vanjaar besoek en haar ongelukkigheid oor die opset uitgespreek.

Wang het egter onlangs tydens ’n besoek aan die plaas gesê die hoëvlakafvaardiging in Junie was “baie positief” oor Aochen Farming se teenwoordigheid op die plaas.

Volgens hom het die afvaardiging gesê die Chinese maatskappy moet slegs sekere voorwaardes nakom, wat insluit dat hulle by die ministerie van grondhervorming aansoek moet doen om sekere aktiwiteite op die plaas te verrig.

Aochen Farming beplan glo om sy kweekhuise verder op ’n 30 ha-gedeelte van die plaas uit te brei.

STEEDS UITGELAAT

“Ons is ’n ‘beker’ gegee, maar word nie toegelaat om daaruit te drink nie,” sê een van die San-begunstigdes, mnr. Booitjie Koebeb.

Die San sê hulle is uitgesluit by die besluitneming oor die projek. Terwyl die kweekhuisprojek uitbrei en Angula se betrokkenheid met Aochen Farming voortduur, sê die San-begunstigdes hulle het nog nie voordeel hieruit getrek nie.

“Angula gaan voort met die ooreenkoms en ons weet nie of hy enige betaling ontvang of nie,” sê Koebeb.

’n Verdere probleem het tussen die San-begunstigdes en Angula ontstaan nadat laasgenoemde glo aangrensende boere toegelaat het om gras op Ludwigshafen te sny. Die San-begunstigdes sê hulle weet ook niks van hierdie ooreenkoms of wie voordeel daaruit trek nie.

Diegene wat die sny van die gras probeer keer het, het waarskuwingsbriewe van die regsfirma !Naruses and Associates ontvang, wat glo deur die Ludwigshafen-trust opdrag gegee is om op te tree.

Volgens die briewe moet die San-begunstigdes ophou om in te meng met die trust se aktiwiteite.

Hulle het skynbaar ingemeng toe hulle aangedring het daarop dat geen gras gesny mag word nie of wou keer dat dit gesny word – wat teenstrydig met die trust en sy bestuur se opdragte was.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%