Geen Afrika-olifante meer in dieretuine

'Geskiedkundige oorwinning by Cites'

20 August 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg



In 'n geskiedkundige ­verkiesing Sondag by die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad (COP18) in die Switserse stad Genève is gestem dat die uitvoer van lewende Afrika-olifante na dieretuine gestop word.

Altesaam 46 Cites-lidlande het Sondag tydens 'n komiteevergadering ten gunste van 'n verbod op die uitvoer van olifante uit Namibië, Zimbabwe, Suid-Afrika en ­Botswana gestem, 18 daarteen en 19 lidlande het buite stemming gebly.

Zimbabwe is tans die grootste olifant-uitvoerder in Afrika wat sedert 2012 altesaam 108 olifantkalfies na dieretuine in China uitgevoer het.

Omgewingsorganisasies beskou die verbod as 'n geskiedkundige oorwinning, maar dit moet steeds by die volle konferensie goedgekeur word wat op 28 Augustus ten einde loop.

Die lande het spesifiek gestem dat handel in lewende Afrika-olifante tot bewaring in hul natuurlike habitatte beperk word, en effektief die “wrede” praktyk beëindig om olifante te vang en na dieretuine en vermaaklikheidsentrums wêreldwyd te stuur.

Terwyl olifante in westelike, sentrale en oostelike Afrika al lankal gelys is as die spesie wat die meeste beskerming onder Cites nodig het en dus van alle handel verbied is, is sommige handel in Suider-Afrika ­toegelaat waar die olifantbevolkings gesonder is.

'n Internasionale diereregteorganisasie, Human Society ­International (HSI), sê hierdie besluit sal talle ­Afrika-olifante daarvan spaar om van hul families weggeruk en gedwing te word om in substandaard ­toestande in dieretuine en vermaaklikheid­sentrums te bly.

“HSI verwelkom hierdie besluit en moedig internasionale leiers aan om die besluit volgende week te bekragtig,” sê me. Iris Ho, 'n wildspesialis van HSI, in 'n mediaverklaring.

“Die voorlopige besluit is 'n merkwaardige erkenning dat olifante nie in die vermaaklikheidsbedryf hoort nie,” het me. Cassandra Koenen, hoof van die wildlewe-afdeling van World Animal Protection, in 'n verklaring gesê. “Dit is 'n groot stap in die regte rigting.”

Diereregteorganisasies meen dit is wreed om olifante van hul ­families weg te neem en in gevangenskap in dieretuine en vermaaklikheid­sentrums aan te hou.

Namibië het in 2012 verskeie spesies wild ter waarde van N$7,5 miljoen aan die Nasionale Dieretuinpark van Kuba van sowat 340 hektaar geskenk.

Cites se COP18 het Saterdag by sy hoofkwartier in Genève afgeskop met duisende bewaringskundiges en beleidsmakers van meer as 180 lande wat dit bywoon.

COP18 sou vanaf 23 Mei tot 3 Junie in Colombo in Sri Lanka ­plaasgevind het, maar is ná die ­terreuraanvalle tydens Paasnaweek daar weens ­veiligheidsredes na Switserland ver­skuif. [email protected]

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

2 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

14 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

14 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

14 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...