Geel kameras word wit olifant
Geel kameras word wit olifant

Geel kameras word wit olifant

’n Kontrak tussen Nampol en CSS Tactical Security Namibia vir die installering van 12 verkeerskameras is tans die fokus van ’n kriminele ondersoek.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Byna vier jaar ná die installering van 12 hoëtegnologieverkeerskameras op die B1 en B2 nasionale paaie is verskeie steeds buite werking en gevandaliseer. Altesaam 12 geel radarverkeerskameras is deel van ’n verkeersbestuurstelsel van meer as N$12 miljoen waaraan die Namibiese polisie (Nampol) na bewering N$12 miljoen se belastinggeld spandeer het.
Die kontrak tussen die polisie en CSS Tactical Security Namibia (CSS) is sedert begin-Mei die fokus van ’n kriminele ondersoek. Volgens bekommerde aandeelhouers maak dié ondersoek dit hoogs onwaarskynlik dat die kameras in die nabye toekoms geaktiveer sal word.

OORSPRONKLIKE KONTRAK
CSS het in April 2014 die tender beklink om die stelsel vir verkeersbestuur te lewer, te installeer en in werking te stel. In ’n skriftelike antwoord namens mnr. Amos Shiyuka, die direkteur van CSS, het die maatskappy se regspan by Francois Erasmus & Partners verlede week aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die oorspronklike formele kontrak is in Januarie 2015 vir ’n bedrag van N$3,7 miljoen onderteken.
CSS het ’n afskrif verskaf waarin die besonderhede en vereistes van die aanvanklike kontrak uiteengesit is, en sluit ’n ongelukbestuurstelsel, ’n geïntegreerde outomatiese nommerplaatherkenning (ANPR)-kringtelevisiestelsel en ’n bestuurstelsel vir busbane in.
Die amptelike kontrak het ook die voorsiening van ’n beeldverwerkingstelsel, dokumentskanderingen indeksstelsel, ’n handgedrewe mobiele stelsel, ’n vlootbestuurstelsel, opleiding en eerste- en tweedevlak- ondersteuningsdienste ingesluit.
CSS moes ’n hoofrekenaarbediener met ’n bystandstelsel, Artemisspoed, rooiligkameras en ’n rekenaar as deel van die oorspronklike kontrak voorsien.
CSS se regspan het gesê die prys het oor die afgelope twee jaar verdriedubbel nadat die polisie op bykomende toerusting en dienste aangedring het.
Volgens die inligting wat hulle verskaf het, het die “totale koste van die projekte” gevolglik tot ’n totale bedrag van N$12,3 miljoen gestyg. Die bykomende werk het 12 vaste radarkameras en 12 mobiele kameras ingesluit.
Verder is “tekortkominge in die infrastruktuur by sommige verkeersliggings geïdentifiseer. ”
“Gevolglik is kwotasies vir netwerk- en gestruktureerde kabels in verskillende streke aangevra en aanvaar en deur NamPol betaal nadat die gestruktureerde kabels reeds gelê is.”

‘ONWAAR’
Shiyuka se regspan het benadruk die maatskappy is nie skuldig aan enige oortredings nie en die kriminele ondersoek sal dit bewys.
“Ons kliënt is angstig vir die ondersoek om afgehandel te word, omdat hy vol vertroue is dat hy ná deeglike oorweging van alle tersaaklike bewyse van enige beweerde oortreding kwytgeskeld sal word.”
Die prokureurs het benadruk CSS het bewus geraak van die ondersoek “via negatiewe publisiteit en berigte op sosiale media”.
As gevolg hiervan het die maatskappy ’n “volledige lêer met alle dokumente wat verband hou met die projek in chronologiese volgorde aan die polisie oorhandig”.
Hulle sê “elke aspek van die projek” is noukeurig opgeteken.
CSS het verlede week bevestig die maatskappy het, behalwe vir die kontrak in Januarie 2015, ook tegniese dienste aan die polisie in die vorm van kringtelevisie en biometriese toegangstelsels by hul hoofkantoor en ander takke verskaf, met afsonderlike kontrakte.

INGEWIKKELD
Komm. Moritz !Naruseb, wat in Julie as hoof van Nampol se direktoraat van kriminele ondersoeke (CID) by komm. Nelius Becker oorgeneem het, het verlede maand bevestig die ondersoek bly aktief drie maande nadat die saak geopen is.
Hy het benadruk die saak is “dokument-intensief en ingewikkeld”.
“Dit is ’n geleidelike proses en die saak is tans aktief.”
Opvolgvrae is twee weke later gestuur om te bepaal hoe die saak vorder, maar !Naruseb wou nie daarop reageer nie. Hy het slegs gesê die “saak word nog ondersoek.”

NIE IN GEBRUIK
!Naruseb het gesê die polisie sal nie kommentaar lewer op vrae wat verband hou of die 12 kameras in werkende toestand was nie.
Dit is ook onduidelik of die Namibiese Standaardinstelling (NSI) sedert November 2016, toe CSS die kameras aan die polisie afgelewer het, die nodige regulatoriese goedkeuring gegee het.
Die NSI het geweier om kommentaar te lewer oor die wettigheid van die radarkameras en hul regulatoriese status, en het na die vertroulikheid tussen hulle en hul kliënt verwys.
Die regspan het egter geskryf sedert die installering en die verstryking van die kontrak tussen CSS en die polisie, “het die sagtewarelisensie verval en sal dit ’n opgradering verg.”
Die prokureurs het bygevoeg dat berigte wel waar is wat aandui van die kameras se onderdele is gesteel.
“Dit het ongelukkig onder ons kliënt se aandag gekom dat sommige van die vaste toerusting langs openbare paaie sedert die installasie deur onbekende lede van die publiek gevandaliseer is.”
Shiyuka se regspan het bygevoeg die vandalisme is “buite die beheer van ons kliënt en die vinger moet eerder na die groter gemeenskap gewys word.”
Hulle het bygevoeg dat CSS intussen op eie onkoste ’n demonstrasie aan NamPol gelewer het oor wat ’n sagtewareopgradering sal verg deur die geel paalkamera naby Heja Lodge in werking te stel.

STANDAARDE
Die regspan het verlede week verduidelik die 12 vaste kameras is destyds geïnstalleer toe "spoedmetingstandaarde nie in Namibië beskikbaar was nie."
CSS het verduidelik die installasie en toetsing van al die toerusting is suksesvol voltooi, “maar om aan die metrologiewet te voldoen, moes die toerusting gekalibreer word voordat dit in gebruik geneem kon word. Dit is in samewerking met die NSI gedoen”.
Nietemin het uitdagings volgens CSS met regulatoriese vereistes ontstaan. “Volgens die metrologiewet moet alle toerusting vir spoedmeting goedgekeur word.
Destyds was spoedmeetstandaarde nie in Namibië beskikbaar nie.
Die radarstandaard is eers in Augustus 2018 in die Staatskoerant gepubliseer.”
Teen dié tyd het die CSS-kontrak verstryk.
“Die publikasie daarvan in die Staatskoerant was ongelukkig buite ons kliënt se beheer,” het die regspan bygevoeg.
Mnr. Mutonga Matali, woordvoerder van die NSI, het gesê die owerhede het alle relevante inligting met die polisie gedeel en kan nie verder kommentaar lewer nie.
Matali het gesê die NSI se taak om die akkuraatheid en geskiktheid van die betrokke instrumente te verifieer, is beperk tot “die goedkeuring, periodieke verifiëring, registrasie en toesig van handelsmeganika, in teenstelling met kalibrering.”
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.81/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.92% | Zinc US$ 2 903.60/T UP 1.73% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.67/OZ DOWN -0.0024