Gee bietjie terug
Gee bietjie terug

Gee bietjie terug

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Ek wil graag weet hoe kry werkgewers dit reg om hul werknemers so stief te behandel?

Dit is die mense wat hul beste elke dag gee, om te sorg dat besighede floreer, maar dan word daar nie na werknemers gekyk nie. Vyf jaar laas verhoging of bonus gekry.

Vanaf April 2020 is daar salary cuts oor Covid. Dis amper ’n jaar later en daar is nog steeds salary cuts. Daar is belowe dat mense later die cuts sal terugkry, maar niks kom terug nie.

Dis skoolklere, skoolfonds, kos en alles wat elke dag duurder word. Dan kan werkgewers nog kla ook dat werknemers nie hul beste lewer nie. Wat dink hulle as werknemers hul dood worry om kos op die tafel te hou?

Werkgewers, dink bietjie na en gee bietjie terug aan jul getroue werknemers wat al jare by julle werk en maar vasbyt vir die paar sente, omdat werk so skaars is. Hou op bou, luukse karre en mooi huise koop, selfs huise oorsee te hê en gee bietjie van jul luukshede terug aan jul werknemers. Dis ’n skande dat hulle geld moet inbring wat julle steeds in weelde laat lewe.

Gee bietjie terug vir ’n slag, dan sal hulle ook nie meer so moedeloos wees nie en weer meer gee.

Kommentaar

Republikein 2026-06-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer