Gedragskode wás in Staatskoerant gepubliseer
Kort nadat politieke partye uit 'n vergadering gestorm het, hou die kiesliggaan voet by stuk.
Denver Kisting – Die omstrede gedragskode vir politieke partye is soos die wet vereis in 1992 in die Staatskoerant gepubliseer.
So het die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), adv. Notemba Tjipueja, gister gesê.
Dit kom nadat talle opposisiepartye, onder wie die Popular Democratic Movement (PDM), en die onafhanklike kandidaat, dr. Panduleni Itula, Dinsdag beweer het hulle is nie geken in die saak nie.
Tjipueja het toe benadruk die dokument is reeds 29 jaar lank in die openbare domein.
Toe Republikein haar gister daarop wys die kieswet vereis dat so ’n kode in die Staatskoerant gepubliseer moet word, het sy gesê dit ís gedoen.
Volgens haar hoef die ECN dit nie weer te doen nie.
Itula het Dinsdag by ’n Windhoekse hotel ’n uitstap gelei oor die beweerde gebrek aan beraadslaging.
Die ECN-voorsitter het kort daarna teruggekap en gesê die partye het self die behoefte aan die ondertekening van ’n gedragskode uitgespreek nadat voorvalle van intimidasie aan die lig gekom het.
Volgens haar het hulle egter Dinsdag se geleentheid gekaap vir hul eie motiewe.
Net die regerende party, Swapo, en die National Democratic Party het toe die gedragskode onderteken.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie