Gedigte
Suidwester waai
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Oggendmis het ver verdwaal.
Daglig geel saggies die natuur streel.
Van ver af kom jy aangewals.
Fluitend deur die droë gras.
Krakend en buigend met jolyt.
Suidwester kom aan fluit fluit.
Jou donkerte verberg die son.
Stofdig soos jy grom.
Kraak ja kraak.
Wie is getraak.
Stofdig binne toegemaak.
Stof op my tande met smaak.
Erger as 'n matroos se gevloek.
Bulk en blaas jy ommi hoek.
Stofdig soos 'n sondebok.
40 knope op jou klok.
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Oggendmis het ver verdwaal.
Daglig geel saggies die natuur streel.
Van ver af kom jy aangewals.
Fluitend deur die droë gras.
Krakend en buigend met jolyt.
Suidwester kom aan fluit fluit.
Jou donkerte verberg die son.
Stofdig soos jy grom.
Kraak ja kraak.
Wie is getraak.
Stofdig binne toegemaak.
Stof op my tande met smaak.
Erger as 'n matroos se gevloek.
Bulk en blaas jy ommi hoek.
Stofdig soos 'n sondebok.
40 knope op jou klok.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie