Gedig vir Leanne
SOFIA JULIUS SKRYF:
Die gedig is geskryf deur Leon Lombaard vir sy dogter Leane op haar kroonverjaardag op 11 Mei 2021. Dit is regtig pragtig.
Met twee klein pienk voetjies het jy deur my hart kom huppel en
Klein spoortjies kom los,
My gewys die rigting wat jy wou vat
Net om te weet, ek sal altyd jou spoor kan sny waar jy verdwaal
Voetjies wat die mat vuil sou kon trap om my ruggie te kom krap
En soms 'n kortpad vat, wetend of onwetend
Kon hardloop na en van
Die spore van toe en van dan...
Nou is jou treetjies langer en jou voetjies harder
Om eersdaags hulle rigting te gee aan 'n groter wêreld daar buite, spore nou jou eie…
Wens ek vir jou net reguit, oopgekapte paaie
Om te keer vir die seermaak draaie
Kyk mooi na jou rigting van jou voete my kind
Hulle loop nie altyd soos die rigting van die wind
Die branders gaan soms jou spore toe spoel, maar
Onthou dan net daar sal nuwe spore kan kom, waar die branders nie sal kan bykom
En eendag gaan jou voetjies my verruil vir 'n kansel wandel
’n paadjie wat jy sal wil vat
Dan sal ek onthou die spoortjies deur my hart
As hulle maar tog net weer eenkeer die mat vuil wou trap…

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie