Gebruikte voertuie is Leisure Wheels se besigheid
Gebruikte voertuie is Leisure Wheels se besigheid

Gebruikte voertuie is Leisure Wheels se besigheid

Internet maak bemarking maklik
Gerine Hoff
Deon Eysele – Die eienaar van Leisure Wheels op Okahandja, mnr. Stefan Schrader, sê sedert die “mall” op Okahandja oopgemaak het, die hoofstraat beslis minder voeteverkeer beleef en kla besighede dat dit sake negatief beïnvloed.
Omdat sy handelaarskap van meet af in die nywerheidsgebied gevestig is, het dit hulle geensins geraak nie. Trouens, sê hy, sedert die ingebruiknemeing van die nuwe brouery van SAB op die dorp is daar 'n merkbare groter volume verkeer wat by hul onderneming verby beweeg.
“Daar is 'n besliste oplewing in die nywerheidsgebied en ek reken dit is 'n goeie area om 'n vertoonlokaal vir voertuie te hê,” het hy gesê.
Heelwat opgraderingswerk is by die handelaarskap aangebring en deesdae spog dit met 'n netjies uitstalruimte vir sy voertuie.
Schrader hy kry sy voertuie meestal van private persone wat dit wil verkoop of inruil op 'n ander ryding. Eers wanneer hy die voertuig deeglik deurgekyk en getoets het, sal hy besluit om dit te koop of nie. Nou en dan woon hy ook veilings by waar hy soms ook aankope doen.
Leisure Wheels se oogmerk is om plaaslike kopers en verkopers te ondersteun. As iemand van die dorp dus met 'n voertuig daar aankom wat te koop is, sal hy altyd probeer om te help. Op die oomblik het hy 'n tekort aan 4x4-bakkies, veral enkelkajuite, maar origens het hy 'n redelike verskeidenheid wat hy kan bied.
“Wanneer ek aankope doen, moet ek uiteraard kyk na die model en die algemene toestand van die voertuig, en indien dit is waarna ek soek, sal ek met die persoon begin onderhandel.”
In gevalle waar hy voertuie aankoop waarvan die waarborgperiodeverstryk het of die diensplanne reeds verval het, ry hy eers self met die kar. Dié voertuie word dan na 'n plaaslike werkswinkel gestuur waar dit deeglik deurgegaan word vir enige foute en herstelwerk. Dit word terselfdertyd ook deeglik gediens.


Bemarking
Windhoek is skaars 70 km van Okahandja met meer as 60 handelaars in gebruikte voertuie wat in die hoofstad sake doen, maar tog beïnvloed dit nie juis Leisure Wheels se deelname aan die mark nie.
“Die internet het die mark vir gebruikte voertuie aansienlik verander en dit maak dit vir my moontlik om met enigeen sake te doen. My plek kan maar net sowel in Windhoek gewees het. Kopers het nou die geleentheid om na alle beskikbare voertuie op die internet te kyk, dit met mekaar te vergelyk en die beste in die land uit te soek,” het hy gesê.
Volgens hom het hy kopers van oor die land en lewer hy so ver as Rosh Pinah en Oranjemund af. Minstens 50 persent van sy verkope is aan kliënte waarmee hy deur middel van internet kontak gemaak het.
Met die groter ruimte wat die nuwe vertoonlokaal bied, sê Schrader dat hy heelwat meer voertuie kan uitstal en is dit sy mikpunt om sy besigheid binne die volgende paar maande aansienlik uit te brei.

Kommentaar

Republikein 2025-06-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer